Ek het al genoem dat ek nie 'n gawe het om met kinders te werk nie. Soos alles het ek my onkundigheid ook vir ons Vader gegee - soos Jesus sê - werp al julle worries op Hom en nou gebeur hier iets - wil dit nie 'n herlewing noem nie - Sondae en Woensdae aande is die kerk vol - dis wonderlik - kinders se lewens verander - die skoolhoof sê "even the bullying in the hostels stop." GLORY!! Dankie dat jy bid en gee dat ons hier kan bly.
Die Sondae en Woensdae aande byeenkomste is vir my die belangrikste rede om hier te wees - bly 'n wonderlike geleentheid om op 'n Boesman skoolterrein te bly. Alles wat verder gebeur is net bonus.
Die reaksie op die Desert Flower Run en Walk is goed - kom jy? 3 Julie vir 4 Julie 2015 - gaan 'n ondervinding wees.
Die reaksie op die Goat Farming projek was nie so goed nie - 50 USA $ uit VSA en 2 x 20 USA Dollars uit Europa en so R2000 - DANKBAAR. Glo ons Vader sal op Sy manier voorsien. Die boor kwotasie vir die eerste gat, 150 m diep - is toe net 131,000 Pula, ons het mos P120,000 subsidie - so ons kort net so R 13,000 en die 10 km pad deur die bos - waar ons gaan draf moet gekap word - sal die R2000 vir kos en diesel gebruik.
More kom hier 'n span van 25 studente - dankie Vader vir kos vir hulle - geestelik en fisies. GLORY !!
Wanneer kom jy kuier? Groete van huis tot huis. DANKIE!!
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587
FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86 GS Joubert
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488 GS Joubert.
| | This email has been checked for viruses by Avast antivirus software. |








