Friday, 17 February 2017

"Ter wille van 100% duidelikheid....... Om terug te kom begrafnisse toe.........



     "Ter wille van 100% duidelikheid - dat daar geen misverstand is nie.   Dankie Vader en jy wat gebid het.    My ma leef.   Dis goed om haar stem te hoor, sagter as gewoonlik.  
      Dankie vir die 30 briewe wat ek ontvang het - ek het dit nie eintlik vir jou gevra nie, maar vir my Self - ons Vader in jou en my.  We have the mind of Christ.    Hy het baie duidelik geantwoord.
      Ek kan gaan of bly.   Indien ek 'n span of iets belangriks MOET doen - gaan ek nie - andersins gaan ek - ook om by die vriende en familie op pad uit te kom.  Belangrikste is om blomme en liefde te bring terwyl iemand dit kan ontvang en waardeer.   Ek het dit gedoen en doen dit nog en oor 'n paar maande - wanneer my ma nog leef gaan kuier ek weer.
        Prakties.  30 mense antwoord.  Menslik gesproke kon elkeen water stuur.  Nee.   Dina het begin name noem - Deon het R2000 gestuur - ek sit 'n kaartjie aan en bêre dit - en Louis het R1000 belowe - vir wanneer nodig EN 'n broer in
Gobabis en Springbok gooi petrol in as ek daar deur ry.   GLORY!!     Voorsien ons Vader nie PERFEK genoeg nie?!
    Om terug te kom begrafnisse toe.   Daar is nie DOOD nie.  Daar is net LEWE.   Christus is die Opstanding en die LEWE.   Wanneer ons asem uit blaas, is dit soos 'n remote knoppie wat gedruk word.    Ons kan dan net die liggaam sien en begrawe of verbrand dit of gooi dit in die see.   Die gees van die mens wat ophou asem haal het - REJOICE saam met geliefdes wat hom of haar kom verwelkom.   Ons kan hulle net nie sien of hoor nie.  Party mense kan.   Laat weet my asseblief as jy engele kan sien.    Ek hanteer geen begrafnisse van die Boesmans meer nie - hulle doen dit self.    Ek praat net met die lewendes.        

                                                                    Baie BLESSINGS vir jou - in Christus." 
Dina       00 267 736 803 51           http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

Xanagas@gmail.com    + 267 713 698 57  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


​Dankie Vader vir wolke, water en reën en son skyn.  /  Let there be rain and there was rain. 

Thank You Father for clouds, rain and water and sunshine.        In the Name of Jesus Christ.



Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Wednesday, 15 February 2017

Dina se brief.


liewe gideon, dons, andre, louis, albie, bertus, greyling, kooitjie, bennie, jan whitfield, kobus, erna , louis/anina, pierre, piere spar,johannes, pieter,albert, tea, henoch, johan, hester, piet, albert, carel, paulette, deon,

liewe ondersteunende vriendekring,

nie besef ons het soveel omgee siele op gawie se adreslys nie. gawie se vrou, dina, aan die woord. verstaan gladnie hawie se se toetstafel nie. sooooo! verskoon die formaat en...... ek kan gladnie spel nie

baie baie baie dankie dat jy op gawie se brief gereageer het. nuutste nuus is dat sy ma nie net die voetopersie oorleef het nie maar dat sy nou heeltemal oukei is in die hospitaal. kon met haar oor foon praat. sy mag ses weke nie op voet trap nie dus 'n rolstoel lewe. vog op longe stabiel en harttoestand wel. so: dank god dat daar nie dringend reelings vir begrafnis is nie. duisend dankie vir elkeen se respond.

die pastor van romenia se onaangekondigde besoek was 'n goddelike wonderwerk. 'n simbool van god se onvoorwaardelike liefde. jammer maar ek kan nie eers hoofletters maak nie. lees hulle in. wees saam met ons dankbaar dat gawie se ma deur god gespaar is met 'n wonderlike doel

weereens dankie dat jy/julle omgee

be blessed

dina namens gawi



tter  was k 0ie  die voetoperasie




Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


"Ek was regtig moedeloos. Dink net. ...... Help my om 'n beginsel besluit te neem.........



     "Ek was regtig moedeloos.  Dink net.  Ek het die sware kragopwekker Pta toe gevat vir herstelwerk.  Het my R2000 gekos.  Toe ek by die huis kom was daar vir drie dae geen elektrisiteit nie.  Goeters soos vries en yskas het krag nodig.  Batterye vir invertor wat yskas aan die gang hou is pap en....kragopwekker werk nie.  Ek het alles probeer.  Toe sit ek net.  En wag.  Op God.  En Hy stuur 'n Pastor ingenieur van Roemenië af.  Hulle het Maandag 800 km gery.  Net om na my toe te kom.   Ons bemoedig met BAIE Wonderlike Woorde - LOGOS - Christus - die kragopwekkerS reggemaak - my buurman s'n ook EN terug gery - amper Grootfontein toe, nadat hulle ons gebless het met 'n paar Euro's.  GLORY !!  Is ons Vader nie Wonderlik nie?"
    Nou wil ek jou nog iets vra.  Help my om 'n beginsel besluit te neem.   My Ma is siek.  Nier versaking.  Water op die longe.  Sy het geval en haar voet gebreek - word vandag geopereer - spinale verdowing.   Ons het die ergste verwag.   Dankie dat jy saam bid.   Ek het haar gaan groet.  Wat dink jy?  Moet ek begrafnis toe gaan - wanneer ook al?  As ek gaan het ek gedink om met my bakkie te ry.  Slaap by vriende in Windhoek, Springbok, Merweville,....?   Dit sal die goedkoopste wees maar gaan nog tussen 4 en R5000 kos - net petrol.   Dankie Vader vir Wysheid.
          Baie BLESSINGS vir jou - in Christus. 
Dina       00 267 736 803 51           http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86      GS Joubert      


Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com     0721 580 587   Gawi   Gabriel.


​Dankie Vader vir wolke, water en reën.  /  Let there be rain and there was rain. 

Thank You Father for clouds, rain and water.        In the Name of Jesus Christ.



Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Friday, 10 February 2017

.............in en rondom my lewe die afgelope paar maande."............


"Ja, ek is meer bewus van GOD ons Vader en Jesus Christus se Teenwoordigheid deur Sy Gees,

  in en rondom my lewe die afgelope paar maande."

Reply     xanagas@gmail.com    en reageer asseblief op bostaande woorde.

DANKIE en Baie BLESSINGS vir jou.





Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com