Terwyl niemand tog die brief lees nie wil ek graag die volgende punte uit lig:
- my bank rekening werk soos 'n rivier - dit vloei - plaaslike mense, Boesmans en Herero pastors en gewone mense wat krisisse het om te oorleef drink water uit die rivier
- my bakkie is nou Wonderlik reg - ons het van 2 bakkies een gemaak - die ander bakkie wat vir parte gebruik is het R42,000 gekos, daarvan is R8000 al betaal - ek kan dit afbetaal teen R2000 per maand. Nuwe parte, ligte, verf, staal, 12 volt pomp, en, ... het R35,000 gekos. Kan jy glo - dis betaal, skuld 'n paar Rand. DANKIE VADER. Arbeid was LIEFDE. Dankie Andre en Jaco.
- Rau-Rau die Herero pastor sms gister Emergency hy is besig om huis te bou langs sy Take Away - Restaurant plekkie waaar hy en sy vrou Hedwig Vrydae aande die Jesus film wys het 1000 pula DRINGEND nodig om staal vir die dak te koop - kan ek dit saam bring asseblief - hy sal later 'n bok gee!
- Ek en Oster is op 'n 3 dae sTs kursus (simply The story) in Gantsi. Baie goed. Leer baie.
- Ontmoet vir Gladys - ook op kursus - sy was jare terug as klein dogtertjie in Xanagas laerskool waar sy in Sy Lig begin stap het en nou is sy voltyds 'n sendeling in Nxau-Nxau. Pragtige mens. Sal haar graag ook water wil gee.
- Two Bob is in die pylvak van haar 2 jaar kursus - nog net 'n maand - sy kom DV New Xanagas toe. Botswana se dam is leeg - ek trek water in Gantsi ATM en laat dit in vloei en stuur vir haar e-wallet dat sy kan eet en fotostate maak en, en....
- O ja, Dina se bakkie is toe geruil vir 'n 10 jaar nuwer bakkie, om die ou bakkie hier te kry het ook amper R2000 gekos. DANKBAAR!!
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587
FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86 GS Joubert
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488 GS Joubert.
| | This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active. |







