Hi Vriende van Gawi,
Ek vra vir jou hulp asb vandag. Dis Danie wat laas vir jou vrou Dina en seun Gideon gaan kuier het en gebid het. Jy ken my bediening , maar ek wil dit graag vir jou skryf en vra groot asb om dit aan te stuur na jou vriende wie belang sou stel om in my bediening in te saai. My behoeftes is dringend nou. Dankie!
Ek bedien baie in hospitale en ouetehuise, bid ondersteun en gee liefde.
Ek het toe n nood of behoefte raak gesien by hospitale in Pretoria. Alle hospitale in Pretoria maar veral staats hospitale en dan baie spesifiek Steve Biko hospitaal.
Mense van dorpe ver van Pretoria af kom na hospitale toe in Pretoria vir operasies, behandeling, fisio, kanker, diabetes, amputasies ens.Die pasient is dan in die hospitaal maar die vriende of familie met nie die nodige fondse om in hotelle of gastehuise te bly nie, slaap in hul karre. Ek het ook mense gehad van ver af wat hotelle kan bekostig en of kan bekostig om op en af te ry maar die verkeer en taxis ens is te veel vir hulle.
Toe het ek begin uitroep na ons Hemelse Vader toe vir n plek met kamers vir daai vriende/familie lede om in te bly terwyl die geliefde in die hospitaal is. En ons Wonderlike God en Vader het toe geantwoord. Ek bly nou alleen in n 6 slaap kamer huis met 3 kamers tot beskikking vir mense.
Ek vra nie baie nie, eintlik net R100 per dag per gesin, vir krag ens. Dit is n B & B. Nie bed en breakfast nie net bed en bad. Dit is definitief nie vir geld maak nie maar vir mense in nood. Hier is ook in my huis n Bidkamer of Binnekamer, my kantoor en slaap kamer. Die R100 sluit darem koffie in ha-ha maar vir kos moet hulself sorg en as hulle kos maak darem vir my ook asb:-)
Onse Vader se plan met die Kamers het toe meer in gesluit as wat ek verwag het of beplan het. Sending werkers, dominees en pastore en so het ook al hier oor geslaap maar die beste ook is dat mense my kan kom sien vir berading en as hulle van ver af kom, book hulle sommer in oor n naweek vir berading . Jy kan nie met iemand werk met berading of so en hulle moet heeltyd die tyd dop hou om terug te gaan huis toe nie. Nou werk ons intensief en hulle kan n breek vat, kos maak of tv kyk en dan gaan ons aan of oor slaap en more begin ons weer.
My behoeftes is linne, gordyne, matrasse, eetgerei, potte, panne ens en dan meer spesifiek fondse vir krag. Ek het pre-paid krag hier so.
Huidiglik het ek n man hier van Hazyview. Sy seun lĂȘ in n diabetiese kliniek, hy is 4 keer deur n slang of slange gepik en n koma of half uit maar kommunikeer glad nie. Die arme Pa se mediese rekening is astronomies hoog en kan huidiglik nie n sent gee vir sy verblyf hier nie.
My fondse loop nou vinnig uit en ek het finansiele hulp dringend nodig.
Die man moet kan eet en bad ens en ook na sy seun toe gaan
As daar mense is wat wil bydra sal ek dit baie hoog waardeer. Besef ook jy saai in God se koningkryk in.
My bank info is
1) Jesus Kamers
Capitec Bank
Kode; 470010
Spaar rekening nommer; 1369374222
as jy wil saai in Kamers in of as jy wil saai in ouetehuis of hospitaal bediening asb
2) Joshua Bediening
Capitec Bank
Kode; 470010
Spaar Rekening; 1339707029
of in
3) D.J Joubert
ABSA Bank
kode; 632005
Spaar rekening; 9212084423
Baie dankie
Danie Joubert
0732350889
ps; gee asb u naam of sel nommer as verwysing of dan Kamers of Hosptale of Ouetehuise
Begwa Huis
Kameeldrift West Die huis is op die Van Der Hoff pad uit op pad Hartebeespoort Dam toe, naby Mahem Bel Danie by 0732350889 DANKIE!!
1 Corinthians 12
Jeremiah 29;11
Kameeldrift West Die huis is op die Van Der Hoff pad uit op pad Hartebeespoort Dam toe, naby Mahem Bel Danie by 0732350889 DANKIE!!
1 Corinthians 12
Jeremiah 29;11