Monday, 25 April 2016

Vinnige SMS van Namibia se grens af by wi-fi. ........ terug in Xanagas.


  • Vinnige SMS van Namibia se grens af by wi-fi.  My internet werk nie - moet eers Gantsi toe gaan.
  • Dankie Vader - ons is terug in Xanagas.  Ons het rus-rus terug gery.   Dit gaan baie goed dankie.
  • Na al die blessings en wonderwerke wil ek net stil raak en wag en vra: "Vader - U Wil - laat U wil geskied."
  • Was goed om in Kang 'n vroutjie te ontmoet wie baie dankbaar was om ons weer na baie jare te sien, sy getuig net hoe groot en Wonderbaar Christus is.  Dina sȇ ons saai - God laat groei.                         
Dankie vir jou vriendskap.
Dina        + 267 736 803 51                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel:    + 267 713 698 57    of      + 267 736 967 37     of      0721 580 587  sms.

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      


Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.                 


Virus-free. www.avast.com

Monday, 11 April 2016

...... kateter is toe vandag uitgehaal........die prostaat is net betyds verwyder......


  •    Die kateter is toe vandag uitgehaal. 
  •    Die groot vraag wat nou eers beantwoord kan word is of die urine sluit spiere (knypers) reg werk en of daar 'n lekkasie is en......GLORY!!!  Dankie  Vader alles werk perfek.  Geen lekkasie.    Dit is 'n wonderwerk.
  •    Die kanker was toe van die aggressiewe soort - dit was klaar in die wand van die prostaat en is net betyds verwyder - die vrot ui is uit.    DANKIE VADER.   Dankie dat jy saam gebid het.
  •    Ons bly in Pta tot die steke Maandag 18/4  uitgehaal word - dan begin ons terug ry.  Ek mag nog nie vȇr en op slegte paaie ry nie.
  •    Oor na Henda:   "Ons is almal baie dankbaar dat alles so goed as kon verwag word afgeloop het tot dusver. My pa herstel ongelooflik vinnig en alles dui daarop dat hy teen volgende week kort afstande mag begin bestuur, so hulle terugkeer datum is steeds onbekend, alhoewel hy reeds sy eie idees daaromtrent het... Ek wil net namens die Joubert en van Staden familie baie dankie sê aan almal wat bygedra het tot die bybetaling vir die operasie. Ons kon genadiglik alle koste dek met opname. Daar is geen twyfel dat die robotiese chirurgie die beste opsie is en dat ons dit nie sonder u hulp kon doen nie. Nogmaals dankie vir almal se ondersteuning en gebede."            
Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy is in ons.....       
Dina  0760 346 286       my sel     0721 580 587              http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert.      

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.                 














Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com