Thursday, 27 November 2014

Die Boesman karakters in God's Must be Crazy het die kinders lekker laat lag........



      Die Boesman karakters in God's Must be Crazy het die kinders lekker laat lag gisteraand want hulle verstaan die Boesman taal wat gepraat word.  Die skole sluit en ek bederf hulle met so 'n film.

    Na die tyd vir elk Woorde op papier gegee wat hulle huistoe kan vat en hulle herinner dat hulle Christus se Ambassadeurs is en dat hulle die mense by die huis ook die Goeie Nuus van ons Vader in Wie ons leef en Is moet vertel.

    Ek en Gideon is op pad Pretoria toe.    Ek moet by 'n tandarts uit kom en het ander ontmoetings.    

    Ek slaap weer elke aand op 'n ander plek - dit werk lekker.  Kuier sonder 'n vuur - beter as niks.  Laat weet as jy wil gesels.

    As jy die brief op facebook lees - antwoord asb op xanagas@gmail.com - om facebook te lees is baie duur in Botswana - amper een Pula per MB.

    DANKIE!!          


Dina + 267 736 803 51                                                                             http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert   

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.



























This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.


Thursday, 20 November 2014

"Julle is soos bome geplant by waterstrome...." sê 'n klein dogtertjie........



    "Julle is soos bome geplant by waterstrome...." sê 'n klein dogtertjie gisteraand vir 'n kerk vol kinders, sy lees Psalm 1.    Dit het my net weer Dankbaar gemaak om hier by Xanagas te wees.  Twee volwasse vroutjies wat as kindertjies hier op die planke gesit het, help met die program.

    Vir die wat miskien nie weet nie - ons huis is op die skool terrein, ek het 'n waterdigte skadunet kerk gebou waar daar elke Woensdag en Sondag aand 'n byeenkoms is.  Hulle sing en bid en hoor die Woord en word Bome geplant by water strome.  Dankie Vader.      

    O ja - ons het 'n wonderlike 3 dae sTs of StS (simply The story) kursus - aangebied deur Gerhard en sy span Gerhard.marx@davarpartners.com van Davar - in Gantsi bygewoon.    Jy leer om dele - stories - uit die Bybel te memoriseer.  Werklik goed gewees.    Wanneer ons Vader Voorsien dat die kampterrein gebou word - sal sTs 'n belangrike deel van die curriculum wees.   Daar was verteenwoordigers van 27 kerke van Gantsi by die kursus.  Dankie vir Coby en Hessel wat dit gereël het.   GLORY!!

    Groete van huis tot huis.

Dina + 267 736 803 51                                                                             http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert   

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.























This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.


Monday, 3 November 2014

Dina en ek is 44 jaar getroud die maand die 21ste. Ek vat haar .......



      Dina en ek is 44 jaar getroud die maand die 21ste.   Ek vat haar vir 'n paar dae Sentrale Kalahari Wildtuin toe dat sy kan weg kom en bietjie rus.     Kan jy glo dat sy solank met my uitgehou het?!   Dankie Vader.
    Die paar dae voor volmaan is die beste tyd om te kamp.   Wildlife se rule nr one is Minimum 2 vehicles    wanneer jy op daai paaie ry.   Dina en my se 1ste reël is  - Maksimum 1 voertuig en 2 mense.

    Ons vat nie eers 'n tent saam nie.   Sy slaap agter en ek voor.    Kan 'n paar goed beteken as ek so na die sinnetjie kyk.

    Ek het teen 'n staal balk vasgeloop, is mos die langste Boesman in die wêreld - kon my nek nie beweeg nie.   Gisteraand bid 'n klomp kinders vir my terwyl ek op my hurke sit - wens jy kon dit beleef (die bid deel, nie die besering!) - my nek beweeg - moet hom net mooi op pas.

    Dit reën baie lekker.   DANKBAAR.    Groete van huis tot huis.

Dina + 267 736 803 51                                                                             http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert   

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.



















This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.