Dankie Vader dat ek hier in New Xanagas by my Boesman familie kan wees op Kersdag - het dit 'n paar keer deur my kop refrein. Dina is alleen by die huis - sy was OK. Ek was hier. As ek nie hier was nie was hier niks - nie 'n kerk - het hulle nie die Woord gehoor nie - nie twee groot potte vol kos - dankie Vader vir rys, vleis en groente - dankie Frederik vir die sakke rys - dit was 'n fees vir meer as 150 kinders en groot mense. In die begin moes ek die kook werk doen - nou doen Two Bob en 'n baie bekwame span alles. Die bakkie se nuwe dakrak help dat ek sommer groot stukke hout - jong bome kan laai. GLORY !!
Tydens die diens was dit ook 'n fees - 'n jong Herero meisie het ook in haar taal die Evangelie gedeel - Oster in Nharo het gepreek en ook nagmaal bedien - ek het 'n paar kinders gedoop - was 'n fees.
Dankie Vader dat ek hier kan wees en dat U sorg.
Baie seën en Blessings vir jou elke dag.
Ek werk aan 'n engelse brief waarmee ons ons eie crowd funding ding wil doen - dis 'n manier waar baie mense 'n bietjie water laat vloei en dan word dit 'n stroom waarmee ons vir Oster en sy familie 'n boorgat boor - toerus met son panele en pomp en help om 'n verskuifbare solar kamp stelsel te koop en help met opleiding om dit te bedryf. Op die oomblik drink meer as 1000 diere by een drink plek en loop chaoties rond - geen beheer en bitter min inkomste. Dankie Vader vir Wysheid.
Groete van huis tot huis. DANKIE!!

Dina + 267 736 803 51 http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587
FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86 GS Joubert
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488 GS Joubert.

| | This email has been checked for viruses by Avast antivirus software. |