Friday, 31 March 2017

.... by Xanagas, die skadunet kerk........300 kinders sing ...... Dina is in Pta.


    Dis Woensdagaand, by Xanagas, die skadunet kerk is 50 meter van ons huis af.    Omtrent 300 kinders sing en dans van vreugde.    Hulle is tjoepstil as hulle luister hoe Oom Jakob (Gen 28) gedink het hy is alleen, met 'n klip as kussing probeer slaap en besef dat hy nie alleen is nie.  God en sy engele is daar en nie net in Bet-El (huis van God) nie - maar daar waar jy is - want jy is tempel van God.     My tolk se naam is Karabo (beteken antwoord).   Hy het my so 'n tyd en 'n tyd en 'n halwe tyd terug gevra vir 'n Bybel en God het sy lewe ook nuut en vol gemaak.  Hy  moedig hulle toe aan om soos Elisa 'n dubbele deel van Elia se gees te soek. (2 Kon 2:9).  Die laaste 10 min - ons moet 8 uur klaar wees, koshuis kinders moet slaap - het die sekuriteitswag hulle aangemoedig om soos Hannah te bid en soos Samuel in God se tempel Sy lig uit te dra.  
        Dis vir my wonderlik om so saam met die plaaslike manne te werk.   GLORY !!
        Dina is in Pta 076 034 6286 vir 'n week dan gaan sy KKNK toe. 

        Baie Dankie vir jou saam wees hier.  Saam Bid.  Saam dink. 
        Baie BLESSINGS vir jou - in Christus. 
Dina      076 034 6286           http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86           
Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 267 713 698 57  of 00 267 73 696 737   of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


​Dankie Vader vir wolke, water en reën en son skyn.  /  Let there be rain and there was rain. 

Thank You Father for clouds, rain and water and sunshine.        In the Name of Jesus Christ.

Virus-free. www.avast.com

Friday, 17 March 2017

Na my operasie, Dina se been ..en lang herstel en na amper 30 jaar ... New Xanagas .... speen.....



     Na my prostaat operasie, Dina se been breuk en lang herstel en na amper 30 jaar wou ek New Xanagas gemeente speen.   Dit was eintlik 'n natuurlike proses,  ek was lang tye nie daar nie.  Ek het so 'n jaar gelede die prentjie gesien van New Xanagas kerk as 'n ou vuur met baie as.... ons moes die ou as verwyder en nuwe vuur maak.  Ek het nie geweet hoe nie.   Het op God gewag.
  •        Verlede Saterdag het ons Dina se volmaan aftree huisie afgebreek - mopanie pale kry 'n swam en verdwyn waar die swam is.    Ek het toe die nag buite onder die sterre geslaap en GEWEET dat ek gaan nat reën.  Al die sensitiewe goed was binne die bakkie.     Ek het een keer vir 'n ou Boesman wat onder 'n boom sonder 'n skuiling gebly het gevra: "Wat doen jy as dit reën?"   Hy het gesê: "Jy lê net stil."   Dis wat ek toe gedoen het.  Ek het stil gelê en was stil "be still and Know..." - reën water is YSkoud maar jou liggaamshitte maak dit warm - jy kan nie slaap nie.  God het gepraat.  Hy het my 3 dinge gesê wat die NX kerk moet doen:
  •         Kies 'n Baruti team - Baruti is meervoud van Moruti - elkeen wat opgelei is om die Woord te bedien, al leer hy of sy net Ex 20 of Matt 22 of die geloof belydenis vir die kinders - is op die span.
  •          Kies 'n nuwe kerk raad - natuurlik van bevestigde lidmate.
  •          Vorm Ministry Teams - elkeen moet iewers betrokke wees - gebed span - begrafnis hulp verleen span - groentetuin span - hout kap span, - uitreik span - film maak span!!  
Ek het die visie verlede Sondag en Vrydagaand  tydens 'n begrafnis nagwaak waar die meeste van New Xanagas se mense by was gedeel.  Almal baie positief.  Kom ons kyk wat Sondag gaan gebeur.    (Die briefie is eintlik so 'n week terug BEGIN skryf)         

(Na Sondag se diens) :  Sondag tydens die diens realiseer dit toe so dat die gemeente drie groepe of spanne kies:  Die CHRIST HAND'S WORKERS wat met goed soos begrafnisse, hospitality, tuine, hout, help en die OUTREACH SPAN wat huisbesoek doen en uitreik na ander en dan die TRAINING EN TEACHING TEAM.   Elke mens wat kerk toe kom pas iewers in.   Skuus vir die Engels.  Bly in 'n engelse land.  

Baie Dankie vir jou saam wees hier.  Saam Bid.  Saam dink.  Saam gee.   Ek moet nou groet.

          Baie BLESSINGS vir jou - in Christus. 
Dina       00 267 736 803 51           http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86      GS Joubert      


Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 267 713 698 57  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


​Dankie Vader vir wolke, water en reën en son skyn.  /  Let there be rain and there was rain. 

Thank You Father for clouds, rain and water and sunshine.        In the Name of Jesus Christ.



Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com