Friday, 28 April 2017

Stop om te bid ......Vader WEET......op die AL HIERDIE DINGE LYSIE......


     Stop om te bid vir dit of dat.   Ons Vader WEET, Hy het gehoor,  jy het dit al oor en oor gevra.

    Skryf dit op as jy wil - op die AL HIERDIE DINGE LYSIE en sit dit in jou laai en merk alles af wat beantwoord is na 'n jaar.       Wat moet ons dan doen?   Wat Jesus vir ons leer in Matt. 6:33 staan op 3 bene:   1 ste been = Soek eers die Koninkryk van God  2 de been en Sy geregtigheid 3de been en al hierdie dinge sal bygevoeg word.           HOE soek ons Hom?  1ste been    Ek sê vir die Boesmans:  God se sel nr is:   "I AM".     EK IS.   GOD IS.          Raak stil.     Voor jy uit die bed klim en enige tyd wanneer jy 'n stil tydjie het.   Wees stil en dink. 

Psa 1:2  But his delight is in the law of the LORD; and in his law doth he meditate day and night.      Onthou altyd - die fondament is - ek - jou en my naam - IS saam met Christus gekruisig - HY Leef in jou en my. Gal 2:20

Fokus - dink - oor hoe groot en Wonderlik Hy is - dit natuurlik terwyl jy op die 2 de been  staan - leef in die

Lig, steel nie, geen affair nie, leef in waarheid dan begin die 3de been in skop.  Dinge begin gebeur - jy worry oor niks, jy weet God sorg, Hy genees.   Die     AL HIERDIE DINGE  begin gebeur.                   xanagas@gmail.com


Living Constantly in the CONSCIOUSNESS of the PRESENCE of PERFECTION.




Virus-free. www.avast.com

Friday, 21 April 2017

........Hier by jou ....soos asem.

God IS.   God is HIER by jou in jou.    

Soek eers die Koninkryk....... (Hoe? )

Daar waar jy NOU hierdie woorde lees - hou op om asem te haal - doen dit - niemand sien jou nie.

Jy snak - soek - asem - haal nou weer asem.  Net so - nog meer SOEK - snak - smag ons na God.

Net soos jy vervuld gevoel het toe jy weer asem gehaal het - kan jy WEET.  God is met jou.

Die jong seun - alleen tussen die varke, geen werk, geen kos - sy, my, ons Vader was daar....

Die oudste seun, ek, jy WEET ons soms nie ONS Vader is altyd by my nie....

Ons moet Hom soek, daagliks, oomblik na oomblik - soos asem en WEET dat Hy sorg en genees en IS. 

Al lyk dit nie so nie.  Al sien jy net varke en onvriendelike mense - sien HOM en WEET Hy Is.  


Virus-free. www.avast.com

Wednesday, 5 April 2017

... 5 April 2017 tussen 5 en 6 was jy BEWUS .....- PRESENCE - ... Ek vrees nie. ....

Vanoggend 5 April 2017 tussen 5 en 6 was jy BEWUS van ons Vader se Teenwoordigheid - PRESENCE - en het jy geWEET  dis Waar.     Ek vrees nie.     U sorg vir my.    U beskerm my.     U genees my.    Want EK IS U kind.    U IS altyd by my.     Alles wat U IS - is myne. (Luk 15)       EK IS het vir Moses (Ex 4:14) en my en jou na ons broers en vyande gestuur wat in vrees en swaar kry leef om hulle te bemoedig.   Emmanuel - EK IS met jou.    




Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Monday, 3 April 2017

Wie is die oudste seun?

Wie is die oudste seun?

As jy weet - REPLY  asseblief NOU - voor jy verder lees - en skryf 1 of 2 sinnetjies en STUUR asb.  (As jy wil.)

Ons weet elkeen wie die jongste seun is.  Ek en jy was al daar - het opgestaan en na ons Vader gegaan.

Ek het nie geweet dat Hy heel tyd daar by my was nie - want voor dat ek om verskoning kon vra het Hy al aan gehardloop gekom en my verwelkom - ek kon dit nie verstaan nie.

Die oudste seun kla omdat hy nie eers 'n bokkie kry om te slag en fees te vier nie - hy is kwaad. 

Ons Vader:   "Kind, jy is altyd by My en ALLES wat Ek het is joune."   

Daar is nie 2 seuns nie - net een kind.

Die geheim is dat Sy kind moet wie hy in Christus in ons Vader is.

Anders word hy kwaad vir sy broer en sy Vader wanneer Hy hom seën. (bless.)

Nou kan jy weer reply - as jy wil.




Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com