...en beleef die Wonderwerke wat gaan gebeur.:-) (Dis hoe die vorige briefie geëindig het.)
Die 40 grade + hitte was toe nie so erg vir die span nie want hulle het gefokus op die koninkryk van God. Hulle het kort groen gras (hemel) gesien i.p.v. woestyn. Terwyl hulle reg gedink, reg gepraat en reg gedoen het, laat God mos dat die dinge gebeur wat moet. Mat 6:33 Step back and let God... Ons het nie die Okwa gery nie - wel die Ncojane pad want daar was 2 nuwe voertuie...... Dorings krap verf en die sand sou pla.
Dit was regtig 'n fees, tot die 2 jarige Gideon het op sy fietsie saam gery. In die aand is die Jesus film gewys en gepause waar die 3 kruise staan of by die oop graf en dan is verduidelik waarom ons daar is.
'n Paar donkie karre en bakkies is gesweis en werk nou weer beter en sink baddens lek nie meer nie.:-)
- As jy en vriende self so iets enige tyd of plek wou reël gesels met manie.ackerman@outlook.com billik en baie ervare. Manie en Jan en hul vroue is deur God geroep om sulke uitreike te laat gebeur.
- Dankie dat jy gebid het. Dankie Sakkie, Willie, Pieter, Manie en span dat julle gekom het. God Bless u.
- Support vir Bandu -TwoBob se knap dogter - vir 2 jaar - sy studeer om 'n Preschool teacher te word.
- Sop kombuis in New Xanagas vir ou mense - pap, groente en Toppers.
- 'n Kombi vir Christ's Ambassadors in New Xanagas om naweke uit te reik na skool koshuise. Marius v Zyl wat 28 jaar gelede tot bekering gekom het en BAIE terug geval het en sy vrou is nou gereed om te help, hulle trek DV New Xanagas toe. Ons het water nodig wat verander in diesel, kos en wat ook al.
- Kontak vir sakkie.fourie@gmail.com indien jy water wil stuur, hy sal dit per forex na my Bots rekening stuur. Dan deel ons die R220+ bankkoste wat elke keer betaal moet word. Ek sal dit laat vloei waar nodig. Merk waarvoor dit is.
- Dina is in RSA tot 24 Des. Bel Henda 082872633 as jy met haar wil gesels.
Xanagas@gmail.com + 26773696737 of 0721 580 587 Gawi Gabriel.
Ons Leef in Hom, beweeg ry, slaap, in Hom en is in Hom. Hand 17:28

