Wednesday, 29 October 2014

Die feit dat jy die epos lees is 'n wonderwerk. Epos is die swakste.........


    Die feit dat jy die epos lees is 'n wonderwerk.   Epos is die swakste manier om by mense uit te kom.  Mense word toegegooi met briewe.  Dis soos die junk mail in 'n posbus.   Dit word net in die asblik gegooi.

    Terwyl niemand tog die brief lees nie wil ek graag die volgende punte uit lig:
  • my bank rekening werk soos 'n rivier - dit vloei - plaaslike mense, Boesmans en Herero pastors en gewone mense wat krisisse het om te oorleef drink water uit die rivier
  • my bakkie is nou Wonderlik reg - ons het van 2 bakkies een gemaak - die ander bakkie wat vir parte gebruik is het R42,000 gekos, daarvan is R8000 al betaal - ek kan dit afbetaal teen R2000 per maand.   Nuwe parte, ligte, verf, staal, 12 volt pomp, en, ... het R35,000 gekos.   Kan jy glo - dis betaal, skuld 'n paar Rand.    DANKIE VADER.   Arbeid was LIEFDE.   Dankie Andre en Jaco.
  • Rau-Rau die Herero pastor sms gister Emergency hy is besig om huis te bou langs sy Take Away - Restaurant plekkie waaar hy en sy vrou Hedwig Vrydae aande die Jesus film wys het 1000 pula DRINGEND nodig om staal vir die dak te koop - kan ek dit saam bring asseblief - hy sal later 'n bok gee!
  • Ek en Oster is op 'n 3 dae sTs kursus (simply The story) in Gantsi.   Baie goed.   Leer baie.
  • Ontmoet vir Gladys - ook op kursus - sy was jare terug as klein dogtertjie in Xanagas laerskool waar sy in Sy Lig begin stap het en nou is sy voltyds 'n sendeling in Nxau-Nxau.  Pragtige mens.   Sal haar graag ook water wil gee.
  • Two Bob is in die pylvak van haar 2 jaar kursus - nog net 'n maand - sy kom DV New Xanagas toe.   Botswana se dam is leeg - ek trek water in Gantsi ATM en laat dit in vloei en stuur vir haar e-wallet dat sy kan eet en fotostate maak en, en....    
  • O ja, Dina se bakkie is toe geruil vir 'n 10 jaar nuwer bakkie, om die ou bakkie hier te kry het ook amper R2000 gekos.  DANKBAAR!!  
Dankie Vader - U wat vir die voĆ«ltjies en my vriend wat hierdie woorde lees sorg - sorg ook vir ons.   GLORY !!                        

Dina + 267 736 803 51                                                                             http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert   

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.















This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.