Wednesday, 31 May 2017

......'n kerk vol kindertjies staan ......Gideon......kanker is net in 'n limf klier en vel kanker.


    Terwyl ek verlede Sondag voor 'n kerk vol kindertjies staan - met 'n goeie tolk - met die uitdaging om hulle te verduidelik - wat beteken SOEK EERS die Koninkryk van God.   Toe kom die Wysheid deur.  "Ons, jy en ek is RADIOtjies.  Hier rondom ons - in die lug - is verskillende radio stasies of programme - jy moet KIES waarna jy wil luister.  Dis nie SOEK soos na iets wat weg is nie.... Wees stil en luister...... Hoe meer jy luister en dink oor Wie HY IS ...  Hoe meer raak jy BEWUS van Sy Teenwoordigheid - PRESENCE.     Jy verstaan wat ek bedoel.
    Goeie Nuus oor Gideon.  Dankie dat hy op jou hierdie dinge lysie is.   Die kanker is net in 'n limf klier wat kwaad geword het, hy het ook vel kanker op die rug.   Hy begin 1 Junie met chemo.  Hulle gaan nie opereer nie. Dankie Vader vir Volkome genesing.
  • Die man wat nie meer wou lewe nie - het my 30 minute nadat ek daai briefie uitgestuur het gekontak, gevra vir die Apostel boeke en......hy leef. GLORY !!
Dina      076 034 6286           http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86           
Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 267 713 698 57  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


​Dankie Vader vir wolke, water en reën en son skyn.  /  Let there be rain and there was rain. 

Thank You Father for clouds, rain and water and sunshine.        In the Name of Jesus Christ.

Virus-free. www.avast.com

Friday, 26 May 2017

Dankbaar Dankie. 1 ste prosedure op Gideon gedoen.


Die eerste prosedure is toe iewers verlede nag of dou voor dag op Gideon gedoen.

Hy moes 'n paar keer deur die vas van nul - per- mond gaan.

Dan het daar elke keer net iets gebeur dat dit nie gedoen is nie.  Ek dink dis 'n kolon skopie en hy het 'n sakkie gekry.

Dit gaan goed met Dina - Dankie Vader.

Party vra hoekom ek nie daar is nie.  Weens logistieke en ander redes.  Dina is OK.

Haar kat en tuin is wel.   Ons is DANKBAAR.

Ons Vader sorg soos hy vir jou en die voëltjies sorg.

Hier is Dina se sel nr 0760346286.



Virus-free. www.avast.com

Saturday, 20 May 2017

My reis is eers op die ys........ en so 'n paar woorde.....


Skuus dat ek jou inbox drumpel deur trap.  Die vorige briefie het vir my na 'n noodgeval geklink.   Was eintlik met die briefie besig:       

My reis is eers op die ys of is dit nou eish.  Dis die doel van die briefie. Ek ry nie nou nie. Water te min.

EK IS in die hospitaal - van julle dink - ja jy wil mos.

Ek het vigs en .....

EK IS ok.

God is.

EK IS stil.

Jy gee my 'n beker water - vir wie gee jy dit?  Matt 25:44

Wie besoek ek in die tronk en hospitaal?

Ons oudste Broer?

So 'n paar weke gelede het jy gelees dat daar net een seun in die verlore seun gelykenis is. Luk. 15.

Het jy dit verstaan?

Daar gaan nou 'n lig in my en jou aan.

Kom ons lees Matt. 12 vers 47 - 50   "While he yet talked to the people, behold, his mother and his brethren stood without, desiring to speak with him.  Then one said unto him, Behold, thy mother and thy brethren stand without, desiring to speak with thee.  But he answered and said unto him that told him, Who is my mother? and who are my brethren?    And he stretched forth his hand toward his disciples, and said, Behold my mother and my brethren!   For whosoever shall do the will of my Father which is in heaven, the same is my brother, and sister, and mother. 

Lees, sien jy en ek is Jesus se ma en broer en suster.  Verstaan ONS dit?   Ek dink nie so nie.

Het jy al ooit 'n preek hier oor gehoor?

Ons sal om 'n vuur moet sit.

Daar is net een seun / mens in die wêreld - Jesus die Christus.  Ezegiël het Hom al gesien.   Seun van stof.

My en jou taak is om hom te vertel Wie hy IS.     Dat hy en jy en ek in Vrede kan leef.  

  


Virus-free. www.avast.com

Is dit jy wat wil selfmoord pleeg? MOENIE !! Lees eers hier: En kontak my.


Ek droom soms. Onthou gewoonlik min.

Dié was nie 'n droom nie.

Ek het bokant 'n kanaal met vloeiende water gestaan en jou gesien in duik.

Ek het geweet jy wil nie meer leef nie.

Daar was 'n plek waar daar 'n obstruksie in die kanaal was en jy moes uit klim.

Van die obstruksie af het die water baie sterk gevloei en sou jy dit beslis nie oor leef nie.

Jy kon my hoor praat.  Ek sȇ toe:  "Stuur groete vir Jesus se 12 Apostels.  Baie groete vir Judas.  Sȇ DANKIE vir hulle boeke dis Wonderlik."

Jy vra toe: "Watter boeke?"

"Wel, jy kan dit lees.   Dis die moeite werd om jou NIE dood te maak nie.    Die 12 Apostels het elkeen 'n boek geskryf oor sy lewe...."

Toe word ek wakker - met die WEET dat ek die brief moet skryf.

Ek weet nie of jy nog leef nie.  Kontak my by xanagas@gmail.com  Gabriel.


Virus-free. www.avast.com

Wednesday, 17 May 2017

....lekker om by vee poste....langste Boesman in..... Pretoria toe ...via Kaap.... Gideon....



  • Dis lekker om by vee poste - boor gate waar nie drade gespan mag word nie - uit te kom.  Mense te ontmoet wat ek nie ken nie.  Hulle ken my gewoonlik.  Was soms as kind in Xanagas se koshuis.   Wonderlik om te begin gesels en uit te vind....hier is Lewe...hulle weet....God is.   Christus Leef ook in hom of haar.   Soos laas Saterdag ontdek ek 'n plek, net 24 km vanaf Xanagas.   Met 2 panne VOL water.  Dis klip wêreld die.  Water hou tot Augustus.   Sodra Dina terug is gaan ons daar tent op slaan tydens volmaan.  Pragtig.

Dankie Vader dat ons nie panne is nie.  Ons is Riviere.  Laat die strome van Lewende Water vloei .  Dat die wat dors is kan drink en Leef.  Dankie Jesus.  Openbaar U Self as EK IS aan my broer en suster wat vrees.    I AM.

  • Ek stuur vir jou 'n prentjie van die langste Boesman in die wêreld.  Ingeval ons mekaar in die straat ontmoet dat jy my herken .   Ek sal dieselfde hemp dra.   Die hare op my wange leer my om te voel.  Wanneer ek praat of beweeg voel ek hulle.   Elke haartjie is soos 'n antenna wat God se Teenwoordigheid en Liefde op vang en uit saai.
  • Ek moet Pretoria toe - begin more ry - Discovery wil my kredietkaart sluit as ek nie 'n paar vorms kom voltooi nie, MAAR ek ry eers Wes, WHK toe, miskien Swakop, Maltahöhe - het iemand Dr Francois Theron - tandarts nou boer se sel nr asb?  Dan Springbok, Soebatsfontein, Merweville, Oudtshoorn, Mosselbaai, George - my Ma groet.   Sy is in rolstoel, verstand nog reg.  Dankbaar - en terug Gauteng toe.   So 'n Sabbats - deputasie reis.  Moet nie vir Dina sȇ nie:-). Sy stress genoeg.  Kat en tuin is versorg.
  • Laat weet as ek by jou moet stop.  Sal zig-zag ry as God wil.
  • Dankie Vader vir petrol.
  • Dankie Vader vir water vir Dina om o.a. volwasse doeke vir Gideon -  etter uit wond - in hospitaal te koop.  Dis duur.  Dankie vir vriende wat help met vervoer en Liefde en kos.  Hy wag op toets uitslae, voordat hulle opereer.  Ek sien in my geestesoog twee pink baba boudjies - volmaak genees wanneer ek aan Gideon dink.
BLESSINGS!!

  Baie BLESSINGS vir jou - in Christus. 
Dina      076 034 6286           http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86           
Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 267 713 698 57  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.

Virus-free. www.avast.com

Thursday, 11 May 2017

.. seun Gideon .....Gediagnoseer .....groot K. .... dankie Vader vir goeie dokters...... in Steve Biko.


My seun Gideon is waar ek omtrent 'n jaar gelede was.

Gediagnoseer met die groot K.  Ons weet God kan.....  

Soos ek, loop hy ook die mediese pad - dankie Vader vir goeie dokters.  Dankie vir Wysheid.

Hy is in 'n ander hospitaal - in Steve Biko.

Die fisiese plek waar sy groeisel is, is baie naby waar myne was - Dankie Vader WAS.

Ek dink nog steeds dis 'n pitseer wat kwaad geword het - dis my opinie.

Onderste strepie.  Sit Gideon ook op jou hierdie dinge lysie. Dankie. Ons Vader WEET. Hy genees. Dina bly by Henda 0760346286


Virus-free. www.avast.com