Monday, 29 June 2015

As jy dink dat God nie by en in en om jou is nie - dan sal jy dit so beleef.


Jy is wat jy dink.

As jy dink dat God nie by en in en om jou is nie -  dan sal jy dit so beleef.

Die Israeliete in die woestyn het die Waarheid beleef.     Hulle het Christus gedrink:

1Cor_10:4  And did all drink the same spiritual drink: for they drank of that spiritual Rock that followed them: and that Rock was Christ.

    Ons fokus nou net op die BLESSING boorgat.    Ek maak vir eers die boek toe vir die FONTEIN boorgat.   Wil nie verdeeldheid skep nie.   Ons gaan wel die kruis plant.   As jy weer die Trans Kalahari gaan ry - 50 km van die grens af sal jy 'n groot verligte kruis sien wat heeltyd OPSTANDING - LEWE -  VERGIFNIS - CHRISTUS - BESKERMING - SHALOM en al die ander Woorde van die Lewe verkondig.

    Ons Vader het 'n 220 m elektriese kabel en staal kabel voorsien.  Dit kom 16 Julie.  GLORY!!
    Die pomp wat vandag kom wat net 120 m kan pomp RUIL ons vir een wat 220 m kan pomp.  DANKBAAR!!
    Die son panele word die week geïnstalleer.  Dankie Vader.

Jy is welkom om te kom kuier.   Hier kom nou iemand vir 'n maand saam kuier werk en leef.

Jy is ook welkom om 'n deel van jou sending of liefde of omgee budget na van die onderste dammetjies te laat vloei.  Ek kry nie 'n salaris nie - dis deels hoe ons Vader sorg en dat die wiele draai.  
Ek skryf dit nie altyd nie - net soms vir die wat nie weet of vergeet het!

    Baie BLESSINGS!!


Dina    + 267 736 803 51                                                                            http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/ 
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms   0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert          of     Pay Pal xanagas@gmail.com (Niemand het dit nog gebruik nie.)
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.













Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Sunday, 21 June 2015

Daar's WATER !!!!!! Die wonderwerk is.........


    Daar's WATER !!!!!!     Die wonderwerk is dat daar TWEE boorgate is.     Amper 'n groter wonderwerk is dat 'n swart Herero familie die een vir my gegee het - dat ons dit saam gebruik vir Koninkryks werk.   Daar is oorvloedig water op, net 44 m diep EN die span van Bloemfontein kom dit volledig toerus met 'n son pomp.  'n Elektroniese ingenieur is deel van die span - om te help met die konneksies.   Die boorgat is deel van 4 x1 km waarvan 1 km x 1 km klaar toegespan is - die naam is FONTEIN - in Herero is dit Eharui.  Dis waar ons altyd die konferensies hou.     Ons vertrou ons Vader vir skape en bokke en melk bokke.   EN skadu net - stukke OU skadunet - BAIE!!   Sal kom haal.

    Die verwikkelinge - Gereël en Beplan deur ons Wonderlike Vader gaan veroorsaak dat daar nog 'n basis punt ontstaan vanwaar af ons die veeposte en dorpies en skole makliker gaan bereik met die Evangelie wat Jesus Christus verkondig het van die Koninkryk - God - hemel op aarde in en rondom ons.  Daar hoor jy nou sommer my sinnetjie.  (
50 mense het geantwoord - elkeen verskillend.  As jy 'n lys van die antwoorde wil ontvang - vra gerus.)     

    Oster en Twobob se boorgat is toe 220 m diep met genoeg water vir 'n son pomp
  • DV het ons klaar die kabel - sal in week bevestig    -   dis 'n baie groot deel van die koste van 'n solar pomp
  • Ons vertrou ons Vader HIERDIE WEEK vir 'n pomp - GRUNFOSS  asseblief en Dankie!   (Dit werk met 12 volt tot 300volt)
  • die stainless steel kabel om die pomp vas te maak aan die basis plaat 200 m lank
  • genoeg son panele
  • 200 m hoë druk pyp - kan dit in Gantsi koop - Dankie Vader vir pulas.

Greyling hulle kom Sondag 28 Junie verby - dan kan hulle dit saam bring en installeer.

Onthou die Desert Flower Run 3 vir 4 Julie - WELKOM !

Daar het toe GEEN water ingevloei - gemerk KERK BOU FONDS nie - sit plan op ys.   Net ingeval jy wonder.

                    Baie  BLESSINGS!!    

Dina    + 267 736 803 51                                                                            http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/ 
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of in RSA     0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert          of     Pay Pal xanagas@gmail.com
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

































Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Saturday, 20 June 2015

Jy is wat jy dink.


Jy is wat jy dink.



Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Monday, 15 June 2015

Druk asseblief REPLY en skryf in 1, 2 of 3 sinne wat is - volgens jou - die evangelie, die goeie nuus?


Druk asseblief REPLY en skryf in 1, 2 of 3 sinne wat is - volgens jou - die evangelie, die goeie nuus?

Asb. Elk Een wat hierdie woorde lees - As jy wil natuurlik.

Baie BLESSINGS!!   Gawi.  xanagas@gmail.com



Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Thursday, 11 June 2015

Ek vra toe vir ons Vader hoekom ek so upset word deur dronk mense? Vanoggend ........


     Dronk mense ontstel my geweldig.   Ek is seker vir jou ook.  Ek weet nie hoekom nie.   Die man wat die water aangewys het - het absoluut 'n gawe van God.   Maar hy het ook 'n drank probleem, hy was gister nou weer lekker getrek in Gantsi, luidrugtig, preek vir almal, aggressief - totaal anders as wie HY IS.  Ek kom nou nou weer terug na hom.   Hy verwag dat ons STERK water van 120 meter diep kan tref.  Die boor is nou op 120 m.  Ek sit hier langs die Glory Lorry in die Glory bakkie en tik.  Internet sein te swak om te stuur.  Sal dit later doen as ek by die huis is.   Dan weet ons ook wanneer die water gekom het.  Dag later - geen water op 150m - en pomp breek op boor - kan nie verder boor - ek vat more pomp Pta toe om herstel te word - ek moet bande vir my bakkie kry in Lichtenburg - Dankie Vader EN 'n tweedehandse sink dam met voering - Dankie Vader - dan los ek bakkie in Gaborone en vat Tata 4x4 om 3500m  plastiek tou net elektriese omheining in Serowe op te laai.   Budget 80,000 Pula, waarvoor nog niks ingevloei het nie.  Ons kan dit later betaal.   Dankie Vader vir diesel en petrol en energie en wysheid.    Hulle gaan 30 m verder boor - gratis - as boor deur graniet breek is daar baie water.  Dankie Vader vir water.

   
Terug by dronkie.  Ek vra toe vir ons Vader hoekom ek so upset word deur dronk mense?  Vanoggend vroeg kry ek toe die antwoord.    Ons, jy en ek, IS die tempel van God.   Jesus was ontsteld toe die hoëpriesters en skrif geleerdes die tempel misbruik en besoedel - want dit IS 'n huis van gebed.   Daarom het Hy hulle uitgejaag en die tafels omgekeer.   Christus IS ALLES en in ALMAL.  Kol 3 vers 11.   Ook die dronkie.   Hulle moet dit hoor en daadwerklik in Hom Leef.   Nou verstaan ek.  Die Onveranderlike Gees van Jesus Christus is nog steeds in my en jou en Hy word nog steeds ontsteld en wil net die tempel in my en jou en die dronkie reinig.   Hoe gebeur dit?  Net die Gees van Christus, Wie waai waar Hy wil kan en sal dit op Sy tyd en manier doen.   Jy en ek moet net geduldig en in Vrede en Vreugde Christus in almal sien en so behandel.  Skuus vir die lang preek.

    As jy nou nog lees?!   Ons bid vir Wysheid of ons 'n permanente skadunet tent kerk in Charles Hill moet bou?     Daar is 'n ywerige pastor wat alreeds help.   Die vliesie wat ek uit gooi is - indien ons Vader binne 'n week R30, 000 - gemerk kerk bou fonds - voorsien, sal dit as 'n groen lig beskou word.

    BLESSINGS!!    

Dina    + 267 736 803 51                                                                            http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/ 
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of in RSA     0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert          of     Pay Pal xanagas@gmail.com
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

















Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Tuesday, 2 June 2015

Jy vertrou ons Wonderlike Vader nou al lank vir 'n Wonderwerk wat net .............


    Jy vertrou ons Wonderlike Vader nou al lank vir 'n Wonderwerk wat net nie wil gebeur nie.   Jy is op 'n punt waar jy wonder of Hy regtig so Wonderlik is.  'n Wortel van bitterheid kan begin groei.

    "Vader ons kom saam na U, ons stem saam en Dank U vir U Perfekte Wil in hierdie saak.   Dankie vir Vrede en Vreugde en Genesing en Versorging.  In Christus.  Amen."



Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com