Sunday, 28 September 2014

Henda se brief vir nuusbrief:

Henda se briefie om in nuusbrief te plaas met die link na die fotos van 604 se 1.6miljoen diens:
  (1.06m = 1.6 m agv swak paaie!)

U kan die 1.6 miljoen kilometer diens help voltooi.

Geagte ondersteuners van my pa se werk in Botswana

Ons weet nou al vir baie lank dat my pa se Toyota Hilux nie vir ewig kan aanhou loop nie!
Die Hilux het reeds 1.6 miljoen km gery...
Daar is ernstige "wear and tear" oral sigbaar.
Sien die fotos hier

http://xanagasbotswana.blogspot.com/2014/09/u-kan-die-16-miljoen-kilometer-diens.html
Dit was net nie meer moontlik om dit te ignoreer en net te verwag dat hy vir ewig moet aanhou nie.
Ons het 'n 2de handse Hilux gekry wat se bakwerk nog in goeie kondisie is. Die groot taak om die beste van albei te gebruik en my pa se Hilux 'n nuwe lewe te gee het begin.
Ernstige meganiese herstelwerk is nodig, om nie eers te praat van die kosmetiese werk nie. Hoe verder ons uitmekaar haal, hoe duidelikker sien mens presies hoe uitgewerk elke stukkie van die bakkie is.
Daar is 'n paar dinge wat ons gehoop het nie vervang hoef te word nie, maar ons kan nie hierdie taak suksesvol afhandel deur enige kortpaaie te vat a.g.v. 'n te klein begroting nie.
Andrè is in beheer van alle meganiese werk en Jaco is in beheer van alle bakwerk en mooimaak.
Die twee manne se arbeid is gratis.
Dit is net die parte lysie wat steeds langer word en ons tyd raak min. Ons hoop steeds om klaar te wees teen 13 Oktober.

Enige hulp sal opreg waardeer word.

Kontak Gawi Joubert by xanagas@gmail.com of +26773696737
of indien u reeds sy bankbesonderhede het gebruik verwysing HILUX

Groete
Henda van Staden

http://xanagasbotswana.blogspot.com/2014/09/u-kan-die-16-miljoen-kilometer-diens.html

Dina + 267 736 803 51     
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Saturday, 27 September 2014

U kan die 1.6 miljoen kilometer diens help voltooi.

Geagte ondersteuners van Gawi Joubert se werk in Botswana

Ons weet nou al vir baie lank dat my pa se Toyota Hilux nie vir ewig kan aanhou loop nie!
Die Hilux het reeds 1.6 miljoen km gery... 

Daar is ernstige "wear and tear" oral sigbaar.

Dit was net nie meer moontlik om dit te ignoreer en net te verwag dat hy vir ewig moet aanhou nie.
Ons het 'n 2de handse Hilux gekry wat se bakwerk nog in goeie kondisie is. Die groot taak om die beste van albei te gebruik en my pa se Hilux 'n nuwe lewe te gee het begin.
Ernstige meganiese herstelwerk is nodig, om nie eers te praat van die kosmetiese werk nie. Hoe verder ons uitmekaar haal, hoe duidelikker sien mens presies hoe uitgewerk elke stukkie van die bakkie is.
Daar is 'n paar dinge wat ons gehoop het nie vervang hoef te word nie, maar ons kan nie hierdie taak suksesvol afhandel deur enige kortpaaie te vat a.g.v. 'n te klein begroting nie.
Andrè is in beheer van alle meganiese werk en Jaco is in beheer van alle bakwerk en mooimaak. 
Die twee manne se arbeid is gratis. 
Dit is net die parte lysie wat steeds langer word en ons tyd raak min. Ons hoop steeds om klaar te wees teen 13 Oktober.
 
Enige hulp sal opreg waardeer word.
 
Kontak Gawi Joubert by xanagas@gmail.com of +26773696737
of indien u reeds sy bankbesonderhede het gebruik verwysing HILUX
 
Groete
Henda van Staden 
 
Friday, 19 September 2014

Glo - nee WEET - dat ons Vader nou hier is waar jy sit en lees, .......

      Die briefie is presies 'n week terug rof geskryf terwyl ek vroeg in die oggend op my knieë saam met ons Vader deur Sy tuin gestap het en my verlustig het in sy Woorde en Teenwoordigheid:

     Glo - nee WEET - dat ons Vader nou hier is waar jy sit en lees, Hy ken jou, Hy het 'n plan met jou.    Weet dat jy enige tyd vir Hom kan vra wat om te doen.   Moet jy kies tussen reg en reg?   Tussen A of B?    Wonder jy of jy die X hoeveelheid water te laat vloei om te help om my bakkie wat amper 50 keer om die wêreld gery het te laat ombou?

    Jy kan, as jy wil, 2 stukkies papier vat en JA en NEE op elk skryf - sit dit in iets en vra jou vrou of iemand of jy self om een uit te haal NADAT jy gevra het "Vader moet ek dit of dat doen?"  (Spreuke 16:33)    Doen dit dan.    Moet nie huiwer en soos 'n wolk wees soos Jakobus sê nie.

    Terwille van die rekord en tot eer van ons Vader was daar R3  in die FNB rekening, SB 'n paar honderd en Bots FNB P55 - Don 11/9 - Dankie Vader vir dit wat ingevloei het.  

    Ek kon tot op datum R19,000 oorbetaal vir onderdele, verf en alles wat nodig is - geen arbeid - dit word in liefde en vreugde gedoen.   Ek kry die bakkie 13 Oktober - voor dit moet onder andere 'n voor diff met alles - remme, stuur koppelings, 4x4 hubs, alles vir net R5000, gekoop word.    Ons benodig nog R14,000 voor 13 Okt.    Dankie Vader vir U Voorsiening.

    Terwyl ons van geld of water (currency) praat.   Ons Vader het 'n stuk grond, 21 km van Xanagas af, waar ons einde Sept die Herero konferensie gaan hê - terloops, ek kry geen reaksie hieroor nie, weet jy hoe wonderlik dit is - Herero's vanoor Namibia en Bots kom.    Iedergeval - daar is 'n BAIE sterk water, boorgat net 36 m diep, kort net son panele en pomp.   1km x1km klaar toegespan.

    Het jy 'n plan wat ons hier kan doen?     Ons dink om dit te gebruik om dinge soos vis boerdery en hydro ponics of wat ookal te demonstreer en kampe vir kinders en jong mense aan te bied.   Ons het die groot tent wat geskeur het reg gemaak en gaan dit permanent opslaan volgende week.       Spaar so baie water.
      Dankie Vader vir Wysheid.

    Ek ry net nou Bere toe waar ons gaan begin met 'n verskuifbare son krag kamp stelsel om Boesmans en ander te help om  meer effektief met beeste te boer.   Dis 'n mond vol - kom kuier as jy meer wil hoor of vra.

     Dina en ek het omtrent 'n stryd gehad met 'n plaag van stink goggas - miljoene - in en om haar volmaan huisie - dis amper onder beheer.  Het jy raad om hulle te verjaag - wil nie gif gebruik nie.     Insek kundiges sê dis iets wat so elke 20 jaar voorkom na goeie reëns.        
                           Ons Vader BLESS jou - to be a blessing - soos Abraham.

Dina + 267 736 803 51     
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587    http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Friday, 5 September 2014

Lekker om terug in Xanagas te wees. Woensdae en Sondae aande .......

      Lekker om terug in Xanagas te wees.  Woensdae en Sondae aande se byeenkomste in die kerkie hier langs die Boesman koshuis bly vir my die belangrikste item op my agenda.    Wanneer die kinders so sing-sing terugstap dan weet ek - as ek nie nou hier was nie - het hulle nie die Woord gehoor en Sy Vreugde en Lewe ervaar nie.

    Dankie dat jy help dat ons hier kan bly en dat die wiele draai.

    Die belangrikste ding nou op die agenda is om my bakkie reg te kry.   Andre en Jaco maak van 2 een.   ALLES word uitmekaar gehaal, gespuitverf, reg gemaak, vervang indien nodig - dis 'n geweldige werk - sou ONBETAALBAAR in 'n gewone motorhawe gewees het - hulle doen dit met Liefde.   Dankie Vader dat U hulle sal vergoed.

    Dit veroorsaak dat die beskikbare water in die dam soontoe vloei.  Dankie ons is amper op datum.

    Die kos projek vir die ou mense sal eers moet wag vir meer water.   Dit geld ook vir die samekoms saal vir die konferensie einde September - ons sal 'n groot tent gebruik.

    Ons Vader weet wat ons nodig het en Voorsien op Sy tyd.

    Ek wil jou graag van Mac en sy Outreach to Africa vertel - gaan sommer saam Richtersveld toe jy sal dit baie geniet en stuur asseblief vir hulle ten minste R100 - sien die aanhangsel.         

                                                        BLESSINGS!!