Thursday, 10 August 2017

Die briefie fokus op gebed vir Gideon ........Dina hulle skuif na Litte Swift Chalets....


Die briefie fokus op gebed vir Gideon en wat met hulle gebeur.      Dina hulle het kennis gekry om die huis onmiddellik te ontruim want die bank wil dit opveil.   Dina was natuurlik baie geskok - maar MINUTE later was 'n kombi met 7 pare hande by die hek om te help met opruim, pak en vervoer na Friend of Christ en vandag skuif hulle na Litte Swift Chalets - all expences paid vir 21 dae.  Bel Johan by 0713490422 as jy wil bespreek om ook weg te breek soontoe - dis net ander kant Hartbeespoort dam.   Dina se nr  076 034 6286.      Nou oor na die gebed deel:
Be comfortable and fight the good prayer fight. We need serious battle weapons so gird yourself in the Spirit and pray.
God bless you richly.
I (Gawi) was praying the whole morning.  Could not work.   THANK YOU.  I KNOW IT IS NOT EASY FOR YOU.

Then I received this email fom Johan - a friend send it to him:
'n Vriendin se gebed vir Dehon . . .     Van gister af loop ek met Dehon (ek dink dit is wat jy gesê het sy naam is). As ek na hom kyk sien ek net n geweldige groot lig.     Ek raak stil en sien n hopie patetiese mens toegevou in n doek en die gedagte gaan deur my hy lyk melaats.     Dan ervaar ek in die hopie op die grond n ongekende krag en vors (die trane rol nou oor my wange). So groot is die krag dat dit die grond om die hopie laat druis. Ek sien hoe n figuur uit die hopie op die grond druis en vrykom. Soos as jy jou asem uitgeblaas en gehou het en skielik hierdie vars lug inasem.     Saam met sy opstanding sien ek hoe dooie bene wat om hom begrawe was opstaan en deur die droee dorre aarde breek. En soos Esegiël se dooie bene lewe kry. Ek voel hoe Hy vir hom skare van lewende gees tot stand bring om hom. Ek ervaar die lig en lug soos n vars oggend briesie mooi en skoon. Die dooie lewende bene en hierdie groot vors kom bymekaar en is een groot vors. Dit beweeg oor die aarde en oral waar dit beweeg staan dooie bene op en waar daar eens net dorre aarde en geen lewe was begin lewe oral uitkom.  (Ek voel dis asof die dood van die vlees die voedingstof geword het vir die nuwe lewe)     Dis asof die dooie bene se uitkom uit die aarde en die lewe wat daarin terug gesit word ALLES nuwe lewe gee. Die bedrukte, bedompigheid en stowwerigheid word alles vervang deur hierdie wonderlike varsheid en skoonheid. Ek besef dis Dehon!  Dis Hy wat beweeg. Ek ervaar soveel vreugde omdat dit Dehon is. Soveel sagtheid en liefde.     Ek sien die blomme op die veld, dit ruik so lekker. Die reuk van dood is vervang met die sagte reuk van liefde en lewe.     Skielik sien ek hy kyk na my en ek ervaar n geweldige onversagdigde honger in hom. Sy teenwoordigheid is unsettling sy oe soos twee lee damme. Ek vat hom aan die hand en trek n gordyn oop wat voor hom is. Hy sien die wêreld, Sy wêreld Sy ware self. Ek sien hoe die skille van melaatsheid van hom af val. Sy wese raak vol, sy hele gelaat begin blink en skyn en n ongelooflike sagtheid ontvou binne Hom en begin uit hom straal.     Die beeld voor ons begin ontvou. Maar ek kyk en sien dat Deon hom totaal vereenselwig het met dit wat hy voor hom sien en hy begin doelbewus skep en die beweging vorentoe bepaal.     (My foon het gelui en terwyl ek op die foon gepraat het, het ek ervaar dat Dehon nie gesteur wou word nie, dis asof dit wat hy create het, privaat is.)    Ek sien hom staan. Hy kyk na my vol liefde en lyk soos n opgewonde seuntjie.      Ek kry n ervaring van dis volbring.       Hier's Dehon se antwoord:    "Die onsigbare GOD het n gift vir my. I accept."    … wat ek net so vir L...... gestuur het waarop sy antwoord:    "Dehon, YOU are the gift!  Thank you!"    … wat ek weer vir Dehon aangestuur het.    Ons gaan haal DV vir Dina en Dehon môre (vandag Don 10 Aug) waarna hulle vir 21 dae in een van Little Swift se chalets bly . . . all expenses paid.    Ons kan net sê AMEN en GLORY!!   

Virus-free. www.avast.com