Wednesday, 28 June 2017

.....elke week 'n paar 100 Boesman.... TB toets.....Gideon..... Dina .... God sent mother....water.....



 Dit bly 'n voorreg om elke week 'n paar 100 Boesman en ander kindertjies met die hand te groet en vir elkeen te seën met die Woord: Vrede, Waarheid, Lewe, Lig, Vreugde, Heilig, Genees - alles in Engels of Tswana natuurlik.  Hulle groet my nou al eerste met een van die Woorde.   Hier het nou-die-dag 'n vriend hier geslaap en ook met die kinders 'n Woordjie gedeel in die kerk - hy was aangegryp deur die Gesindheid en Lewe onder die kinders.    Na 'n maand het hy my die woorde gestuur: " I shall never forget the indelible image of the children's faces when I gave them a few words of Christian encouragement: without exception, they all looked intensely at me, with wide, eager eyes and shining faces which were filled with an intensity to soak up the words that I gave them. It was an unforgettable, amazing, uplifting experience for me and a great blessing.     With blessings in our walk with Christ,   Frank.       GLORY !!
  •      Ons het nou begin met Daniël 1:17 se 2 groot Woorde - Wysheid en Verstaan - die kinders sukkel akademies.    Hulle bid dit saggies in die klas.  "Dankie Vader vir die gift of Wisdom and Understanding." 
  •       Ek het 'n bloed en speeksel toets vir TB laat doen.  Negatief.   Dankie Vader vir U Beskerming.
  •       Nadat Dina Gideon se goed van Cullinan af Pta toe getrek het, kon sy huis toe kom - net betyds om haar dans kindertjies  af te rig vir Afrika Jeug Dag viering.   Daarna het een van die onderwysers vir haar 'n sms gestuur:   "Thank you Dinah, our events can never be meaningful without you.   You are our God sent mother!"
  •       Gideon moes Maandag met chemo begin het.  Hy het na 'n maand se selfstudie wyslik teen dit besluit en sy dokter gaan inlig dat hy eers cannabis-olie wil gebruik.    Bid asseblief dat hy vir die gratis twee maande program waarvoor hy aansoek gedoen het gekeur word.  Hy eet skoonma-se-tong se wortel ook - het geen pyn meer.       Dankie Vader vir Volkome Genesing.    Amen.

  •       Ek wil met Dankie sê in jou oor fluister dat indien jy met Vrede En Vreugde gelei word om water te wil laat vloei na onderste dammetjie - dan het jy reg gehoor.    Die mediese donateurs het van 5 na 2 verminder.   Jare lange vriende tree af, stroompie droog op - nogtans jubel ons saam met Habakuk - al is die kraal leeg.   Dankie Vader dat ons nie skuld het nie en    ....     "Dankie - U sorg vir my broer en suster wat hier lees en vir ons.   In Christus - met al Sy BLESSINGS!!"

Dina      +26773680351           http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86           
Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 267 713 698 57  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


​Dankie Vader vir wolke, water en reën en son skyn.  /  Let there be rain and there was rain. 

Thank You Father for clouds, rain and water and sunshine.        In the Name of Jesus Christ.

Virus-free. www.avast.com

Saturday, 17 June 2017

PLEASE FORWARD THESE WORDS SO THAT you CAN BE REACHED !!



you.SOW.LOVE.you.REAP.LOVE@gmail.com is sending a MESSAGE TO you KILLER - RAPIST - ABUSER of other HUMAN BEINGS and CHILDREN.    STOP !!!    BE WARNED !!!  SEE !!   OPEN YOUR EYES.   WHAT you DO TO OTHERS is COMING BACK TO you.     you DO IT TO yourSELF.     IT IS NOT GOD WHO PUNISH you.    you PUNISH you.     OR you CAN CHANGE you.    NOW!!   IMMEDIATELY !!!       STOP DOING BAD THINGS.       you BLESS you.       PLEASE FORWARD THESE WORDS TO you IN ALL MEDIA.     IT IS TRUE - GOD IS WITH you.    you PLEASE CONTACT:     you.sow.love.you.reap.love@gmail.com

Virus-free. www.avast.com

Wednesday, 31 May 2017

......'n kerk vol kindertjies staan ......Gideon......kanker is net in 'n limf klier en vel kanker.


    Terwyl ek verlede Sondag voor 'n kerk vol kindertjies staan - met 'n goeie tolk - met die uitdaging om hulle te verduidelik - wat beteken SOEK EERS die Koninkryk van God.   Toe kom die Wysheid deur.  "Ons, jy en ek is RADIOtjies.  Hier rondom ons - in die lug - is verskillende radio stasies of programme - jy moet KIES waarna jy wil luister.  Dis nie SOEK soos na iets wat weg is nie.... Wees stil en luister...... Hoe meer jy luister en dink oor Wie HY IS ...  Hoe meer raak jy BEWUS van Sy Teenwoordigheid - PRESENCE.     Jy verstaan wat ek bedoel.
    Goeie Nuus oor Gideon.  Dankie dat hy op jou hierdie dinge lysie is.   Die kanker is net in 'n limf klier wat kwaad geword het, hy het ook vel kanker op die rug.   Hy begin 1 Junie met chemo.  Hulle gaan nie opereer nie. Dankie Vader vir Volkome genesing.
  • Die man wat nie meer wou lewe nie - het my 30 minute nadat ek daai briefie uitgestuur het gekontak, gevra vir die Apostel boeke en......hy leef. GLORY !!
Dina      076 034 6286           http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86           
Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 267 713 698 57  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


​Dankie Vader vir wolke, water en reën en son skyn.  /  Let there be rain and there was rain. 

Thank You Father for clouds, rain and water and sunshine.        In the Name of Jesus Christ.

Virus-free. www.avast.com

Friday, 26 May 2017

Dankbaar Dankie. 1 ste prosedure op Gideon gedoen.


Die eerste prosedure is toe iewers verlede nag of dou voor dag op Gideon gedoen.

Hy moes 'n paar keer deur die vas van nul - per- mond gaan.

Dan het daar elke keer net iets gebeur dat dit nie gedoen is nie.  Ek dink dis 'n kolon skopie en hy het 'n sakkie gekry.

Dit gaan goed met Dina - Dankie Vader.

Party vra hoekom ek nie daar is nie.  Weens logistieke en ander redes.  Dina is OK.

Haar kat en tuin is wel.   Ons is DANKBAAR.

Ons Vader sorg soos hy vir jou en die voëltjies sorg.

Hier is Dina se sel nr 0760346286.



Virus-free. www.avast.com

Saturday, 20 May 2017

My reis is eers op die ys........ en so 'n paar woorde.....


Skuus dat ek jou inbox drumpel deur trap.  Die vorige briefie het vir my na 'n noodgeval geklink.   Was eintlik met die briefie besig:       

My reis is eers op die ys of is dit nou eish.  Dis die doel van die briefie. Ek ry nie nou nie. Water te min.

EK IS in die hospitaal - van julle dink - ja jy wil mos.

Ek het vigs en .....

EK IS ok.

God is.

EK IS stil.

Jy gee my 'n beker water - vir wie gee jy dit?  Matt 25:44

Wie besoek ek in die tronk en hospitaal?

Ons oudste Broer?

So 'n paar weke gelede het jy gelees dat daar net een seun in die verlore seun gelykenis is. Luk. 15.

Het jy dit verstaan?

Daar gaan nou 'n lig in my en jou aan.

Kom ons lees Matt. 12 vers 47 - 50   "While he yet talked to the people, behold, his mother and his brethren stood without, desiring to speak with him.  Then one said unto him, Behold, thy mother and thy brethren stand without, desiring to speak with thee.  But he answered and said unto him that told him, Who is my mother? and who are my brethren?    And he stretched forth his hand toward his disciples, and said, Behold my mother and my brethren!   For whosoever shall do the will of my Father which is in heaven, the same is my brother, and sister, and mother. 

Lees, sien jy en ek is Jesus se ma en broer en suster.  Verstaan ONS dit?   Ek dink nie so nie.

Het jy al ooit 'n preek hier oor gehoor?

Ons sal om 'n vuur moet sit.

Daar is net een seun / mens in die wêreld - Jesus die Christus.  Ezegiël het Hom al gesien.   Seun van stof.

My en jou taak is om hom te vertel Wie hy IS.     Dat hy en jy en ek in Vrede kan leef.  

  


Virus-free. www.avast.com

Is dit jy wat wil selfmoord pleeg? MOENIE !! Lees eers hier: En kontak my.


Ek droom soms. Onthou gewoonlik min.

Dié was nie 'n droom nie.

Ek het bokant 'n kanaal met vloeiende water gestaan en jou gesien in duik.

Ek het geweet jy wil nie meer leef nie.

Daar was 'n plek waar daar 'n obstruksie in die kanaal was en jy moes uit klim.

Van die obstruksie af het die water baie sterk gevloei en sou jy dit beslis nie oor leef nie.

Jy kon my hoor praat.  Ek sȇ toe:  "Stuur groete vir Jesus se 12 Apostels.  Baie groete vir Judas.  Sȇ DANKIE vir hulle boeke dis Wonderlik."

Jy vra toe: "Watter boeke?"

"Wel, jy kan dit lees.   Dis die moeite werd om jou NIE dood te maak nie.    Die 12 Apostels het elkeen 'n boek geskryf oor sy lewe...."

Toe word ek wakker - met die WEET dat ek die brief moet skryf.

Ek weet nie of jy nog leef nie.  Kontak my by xanagas@gmail.com  Gabriel.


Virus-free. www.avast.com

Wednesday, 17 May 2017

....lekker om by vee poste....langste Boesman in..... Pretoria toe ...via Kaap.... Gideon....



  • Dis lekker om by vee poste - boor gate waar nie drade gespan mag word nie - uit te kom.  Mense te ontmoet wat ek nie ken nie.  Hulle ken my gewoonlik.  Was soms as kind in Xanagas se koshuis.   Wonderlik om te begin gesels en uit te vind....hier is Lewe...hulle weet....God is.   Christus Leef ook in hom of haar.   Soos laas Saterdag ontdek ek 'n plek, net 24 km vanaf Xanagas.   Met 2 panne VOL water.  Dis klip wêreld die.  Water hou tot Augustus.   Sodra Dina terug is gaan ons daar tent op slaan tydens volmaan.  Pragtig.

Dankie Vader dat ons nie panne is nie.  Ons is Riviere.  Laat die strome van Lewende Water vloei .  Dat die wat dors is kan drink en Leef.  Dankie Jesus.  Openbaar U Self as EK IS aan my broer en suster wat vrees.    I AM.

  • Ek stuur vir jou 'n prentjie van die langste Boesman in die wêreld.  Ingeval ons mekaar in die straat ontmoet dat jy my herken .   Ek sal dieselfde hemp dra.   Die hare op my wange leer my om te voel.  Wanneer ek praat of beweeg voel ek hulle.   Elke haartjie is soos 'n antenna wat God se Teenwoordigheid en Liefde op vang en uit saai.
  • Ek moet Pretoria toe - begin more ry - Discovery wil my kredietkaart sluit as ek nie 'n paar vorms kom voltooi nie, MAAR ek ry eers Wes, WHK toe, miskien Swakop, Maltahöhe - het iemand Dr Francois Theron - tandarts nou boer se sel nr asb?  Dan Springbok, Soebatsfontein, Merweville, Oudtshoorn, Mosselbaai, George - my Ma groet.   Sy is in rolstoel, verstand nog reg.  Dankbaar - en terug Gauteng toe.   So 'n Sabbats - deputasie reis.  Moet nie vir Dina sȇ nie:-). Sy stress genoeg.  Kat en tuin is versorg.
  • Laat weet as ek by jou moet stop.  Sal zig-zag ry as God wil.
  • Dankie Vader vir petrol.
  • Dankie Vader vir water vir Dina om o.a. volwasse doeke vir Gideon -  etter uit wond - in hospitaal te koop.  Dis duur.  Dankie vir vriende wat help met vervoer en Liefde en kos.  Hy wag op toets uitslae, voordat hulle opereer.  Ek sien in my geestesoog twee pink baba boudjies - volmaak genees wanneer ek aan Gideon dink.
BLESSINGS!!

  Baie BLESSINGS vir jou - in Christus. 
Dina      076 034 6286           http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86           
Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 267 713 698 57  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.

Virus-free. www.avast.com

Thursday, 11 May 2017

.. seun Gideon .....Gediagnoseer .....groot K. .... dankie Vader vir goeie dokters...... in Steve Biko.


My seun Gideon is waar ek omtrent 'n jaar gelede was.

Gediagnoseer met die groot K.  Ons weet God kan.....  

Soos ek, loop hy ook die mediese pad - dankie Vader vir goeie dokters.  Dankie vir Wysheid.

Hy is in 'n ander hospitaal - in Steve Biko.

Die fisiese plek waar sy groeisel is, is baie naby waar myne was - Dankie Vader WAS.

Ek dink nog steeds dis 'n pitseer wat kwaad geword het - dis my opinie.

Onderste strepie.  Sit Gideon ook op jou hierdie dinge lysie. Dankie. Ons Vader WEET. Hy genees. Dina bly by Henda 0760346286


Virus-free. www.avast.com

Friday, 28 April 2017

Stop om te bid ......Vader WEET......op die AL HIERDIE DINGE LYSIE......


     Stop om te bid vir dit of dat.   Ons Vader WEET, Hy het gehoor,  jy het dit al oor en oor gevra.

    Skryf dit op as jy wil - op die AL HIERDIE DINGE LYSIE en sit dit in jou laai en merk alles af wat beantwoord is na 'n jaar.       Wat moet ons dan doen?   Wat Jesus vir ons leer in Matt. 6:33 staan op 3 bene:   1 ste been = Soek eers die Koninkryk van God  2 de been en Sy geregtigheid 3de been en al hierdie dinge sal bygevoeg word.           HOE soek ons Hom?  1ste been    Ek sê vir die Boesmans:  God se sel nr is:   "I AM".     EK IS.   GOD IS.          Raak stil.     Voor jy uit die bed klim en enige tyd wanneer jy 'n stil tydjie het.   Wees stil en dink. 

Psa 1:2  But his delight is in the law of the LORD; and in his law doth he meditate day and night.      Onthou altyd - die fondament is - ek - jou en my naam - IS saam met Christus gekruisig - HY Leef in jou en my. Gal 2:20

Fokus - dink - oor hoe groot en Wonderlik Hy is - dit natuurlik terwyl jy op die 2 de been  staan - leef in die

Lig, steel nie, geen affair nie, leef in waarheid dan begin die 3de been in skop.  Dinge begin gebeur - jy worry oor niks, jy weet God sorg, Hy genees.   Die     AL HIERDIE DINGE  begin gebeur.                   xanagas@gmail.com


Living Constantly in the CONSCIOUSNESS of the PRESENCE of PERFECTION.




Virus-free. www.avast.com

Friday, 21 April 2017

........Hier by jou ....soos asem.

God IS.   God is HIER by jou in jou.    

Soek eers die Koninkryk....... (Hoe? )

Daar waar jy NOU hierdie woorde lees - hou op om asem te haal - doen dit - niemand sien jou nie.

Jy snak - soek - asem - haal nou weer asem.  Net so - nog meer SOEK - snak - smag ons na God.

Net soos jy vervuld gevoel het toe jy weer asem gehaal het - kan jy WEET.  God is met jou.

Die jong seun - alleen tussen die varke, geen werk, geen kos - sy, my, ons Vader was daar....

Die oudste seun, ek, jy WEET ons soms nie ONS Vader is altyd by my nie....

Ons moet Hom soek, daagliks, oomblik na oomblik - soos asem en WEET dat Hy sorg en genees en IS. 

Al lyk dit nie so nie.  Al sien jy net varke en onvriendelike mense - sien HOM en WEET Hy Is.  


Virus-free. www.avast.com

Wednesday, 5 April 2017

... 5 April 2017 tussen 5 en 6 was jy BEWUS .....- PRESENCE - ... Ek vrees nie. ....

Vanoggend 5 April 2017 tussen 5 en 6 was jy BEWUS van ons Vader se Teenwoordigheid - PRESENCE - en het jy geWEET  dis Waar.     Ek vrees nie.     U sorg vir my.    U beskerm my.     U genees my.    Want EK IS U kind.    U IS altyd by my.     Alles wat U IS - is myne. (Luk 15)       EK IS het vir Moses (Ex 4:14) en my en jou na ons broers en vyande gestuur wat in vrees en swaar kry leef om hulle te bemoedig.   Emmanuel - EK IS met jou.    




Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Monday, 3 April 2017

Wie is die oudste seun?

Wie is die oudste seun?

As jy weet - REPLY  asseblief NOU - voor jy verder lees - en skryf 1 of 2 sinnetjies en STUUR asb.  (As jy wil.)

Ons weet elkeen wie die jongste seun is.  Ek en jy was al daar - het opgestaan en na ons Vader gegaan.

Ek het nie geweet dat Hy heel tyd daar by my was nie - want voor dat ek om verskoning kon vra het Hy al aan gehardloop gekom en my verwelkom - ek kon dit nie verstaan nie.

Die oudste seun kla omdat hy nie eers 'n bokkie kry om te slag en fees te vier nie - hy is kwaad. 

Ons Vader:   "Kind, jy is altyd by My en ALLES wat Ek het is joune."   

Daar is nie 2 seuns nie - net een kind.

Die geheim is dat Sy kind moet wie hy in Christus in ons Vader is.

Anders word hy kwaad vir sy broer en sy Vader wanneer Hy hom seën. (bless.)

Nou kan jy weer reply - as jy wil.




Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Friday, 31 March 2017

.... by Xanagas, die skadunet kerk........300 kinders sing ...... Dina is in Pta.


    Dis Woensdagaand, by Xanagas, die skadunet kerk is 50 meter van ons huis af.    Omtrent 300 kinders sing en dans van vreugde.    Hulle is tjoepstil as hulle luister hoe Oom Jakob (Gen 28) gedink het hy is alleen, met 'n klip as kussing probeer slaap en besef dat hy nie alleen is nie.  God en sy engele is daar en nie net in Bet-El (huis van God) nie - maar daar waar jy is - want jy is tempel van God.     My tolk se naam is Karabo (beteken antwoord).   Hy het my so 'n tyd en 'n tyd en 'n halwe tyd terug gevra vir 'n Bybel en God het sy lewe ook nuut en vol gemaak.  Hy  moedig hulle toe aan om soos Elisa 'n dubbele deel van Elia se gees te soek. (2 Kon 2:9).  Die laaste 10 min - ons moet 8 uur klaar wees, koshuis kinders moet slaap - het die sekuriteitswag hulle aangemoedig om soos Hannah te bid en soos Samuel in God se tempel Sy lig uit te dra.  
        Dis vir my wonderlik om so saam met die plaaslike manne te werk.   GLORY !!
        Dina is in Pta 076 034 6286 vir 'n week dan gaan sy KKNK toe. 

        Baie Dankie vir jou saam wees hier.  Saam Bid.  Saam dink. 
        Baie BLESSINGS vir jou - in Christus. 
Dina      076 034 6286           http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86           
Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 267 713 698 57  of 00 267 73 696 737   of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


​Dankie Vader vir wolke, water en reën en son skyn.  /  Let there be rain and there was rain. 

Thank You Father for clouds, rain and water and sunshine.        In the Name of Jesus Christ.

Virus-free. www.avast.com