Ek droom soms. Onthou gewoonlik min.
Dié was nie 'n droom nie.
Ek het bokant 'n kanaal met vloeiende water gestaan en jou gesien in duik.
Ek het geweet jy wil nie meer leef nie.
Daar was 'n plek waar daar 'n obstruksie in die kanaal was en jy moes uit klim.
Van die obstruksie af het die water baie sterk gevloei en sou jy dit beslis nie oor leef nie.
Jy kon my hoor praat. Ek sȇ toe: "Stuur groete vir Jesus se 12 Apostels. Baie groete vir Judas. Sȇ DANKIE vir hulle boeke dis Wonderlik."
Jy vra toe: "Watter boeke?"
"Wel, jy kan dit lees. Dis die moeite werd om jou NIE dood te maak nie. Die 12 Apostels het elkeen 'n boek geskryf oor sy lewe...."
Toe word ek wakker - met die WEET dat ek die brief moet skryf.
Ek weet nie of jy nog leef nie. Kontak my by xanagas@gmail.com Gabriel.