Monday, 25 April 2016

Vinnige SMS van Namibia se grens af by wi-fi. ........ terug in Xanagas.


  • Vinnige SMS van Namibia se grens af by wi-fi.  My internet werk nie - moet eers Gantsi toe gaan.
  • Dankie Vader - ons is terug in Xanagas.  Ons het rus-rus terug gery.   Dit gaan baie goed dankie.
  • Na al die blessings en wonderwerke wil ek net stil raak en wag en vra: "Vader - U Wil - laat U wil geskied."
  • Was goed om in Kang 'n vroutjie te ontmoet wie baie dankbaar was om ons weer na baie jare te sien, sy getuig net hoe groot en Wonderbaar Christus is.  Dina sȇ ons saai - God laat groei.                         
Dankie vir jou vriendskap.
Dina        + 267 736 803 51                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel:    + 267 713 698 57    of      + 267 736 967 37     of      0721 580 587  sms.

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      


Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.                 


Virus-free. www.avast.com

Monday, 11 April 2016

...... kateter is toe vandag uitgehaal........die prostaat is net betyds verwyder......


  •    Die kateter is toe vandag uitgehaal. 
  •    Die groot vraag wat nou eers beantwoord kan word is of die urine sluit spiere (knypers) reg werk en of daar 'n lekkasie is en......GLORY!!!  Dankie  Vader alles werk perfek.  Geen lekkasie.    Dit is 'n wonderwerk.
  •    Die kanker was toe van die aggressiewe soort - dit was klaar in die wand van die prostaat en is net betyds verwyder - die vrot ui is uit.    DANKIE VADER.   Dankie dat jy saam gebid het.
  •    Ons bly in Pta tot die steke Maandag 18/4  uitgehaal word - dan begin ons terug ry.  Ek mag nog nie vȇr en op slegte paaie ry nie.
  •    Oor na Henda:   "Ons is almal baie dankbaar dat alles so goed as kon verwag word afgeloop het tot dusver. My pa herstel ongelooflik vinnig en alles dui daarop dat hy teen volgende week kort afstande mag begin bestuur, so hulle terugkeer datum is steeds onbekend, alhoewel hy reeds sy eie idees daaromtrent het... Ek wil net namens die Joubert en van Staden familie baie dankie sê aan almal wat bygedra het tot die bybetaling vir die operasie. Ons kon genadiglik alle koste dek met opname. Daar is geen twyfel dat die robotiese chirurgie die beste opsie is en dat ons dit nie sonder u hulp kon doen nie. Nogmaals dankie vir almal se ondersteuning en gebede."            
Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy is in ons.....       
Dina  0760 346 286       my sel     0721 580 587              http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert.      

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.                 














Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Thursday, 31 March 2016

2 + 2 = 4 Jy WEET dit. Jy glo dit nie. Net so. WEET .......


  •    2 + 2 = 4  Jy WEET dit.   Jy glo dit nie.  Net so.  WEET - God ons Vader is hier.  By jou.  In jou.  Die Lam van God - Jesus die Christus - het die sonde van die wêreld - ja, die hele wêreld - weg geneem.  Dis jou en my wonderlike werk / voorreg  om dit vir my buurman en elkeen te vertel en self te WEET.
  • Dina het KKNK baie geniet - dit was 'n fees vir haar.   My ma het so verlang dat sy vir my 'n vliegtuig kaartjie gekoop het - sy word 90 en is nog sterk, verstand helder - DANKBAAR.
  • Ek word die 3de April in Urologie, Pretoria geopereer.  Dankie Vader vir Wysheid vir die mediese span en vir Volkome genesing.    Ek kan nie wag om terug te gaan nie.    Hopelik die 2de week in April.
  • Nadat Erna en Johan tydens Paasnaweek in New Xanagas die 3 manne wat destyds die kern gevorm het van die gebedsreis Egipte toe met gebed en beraad bedien het - glo ons dat daar 'n deurbraak gaan kom.  Ou wonde is genees.  GLORY !!
Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy is in ons.....       
Dina  0760 346 286       my sel     0721 580 587              http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert.      

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.                 












Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Thursday, 3 March 2016

Ek word toe NIE in die ICU wakker nie..........


  •    Ek word toe NIE in die ICU wakker nie, maar in die gewone dag saal met geen operasie wonde nie.  Die 2 dokters het die Wysheid gekry om eers WEER 'n scope te doen en toe sien hulle dat die 7 nierstene so deel van die nier is dat hulle dit net so los.
  •    Ek kan dus weer begin oefen vir die Comrades :-) .
  •    Die ander wonder werk is dat ons Vader - een van Sy baie name is  Elshadaiin Afr.   Meer as Genoeg - Voorsien het vir die bybetaling om die prostaat op 3 April dmv die robotiese tegnologie te verwyder.     GLORY !!!
  •    Ek kon my terug vlug Windhoek toe met 6 dae vervroeg - die First Lady of Xanagas is BAIE Dankbaar.
  •    Ek kan die naweek weer in New Xanagas by die gemeentetjie wees - ek mag op rowwe paaie ry.  DANKIE Vader.
  •    My web blad   http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html   is verouderd, besef ek toe ek na die foto's sit en kyk - die kerk het 'n 2 de laag skadunet gekry - die mure gaan Saterdag oranje word - die straat name LOVE, PEACE, HOPE, LIGHT, GRACE, ens is nie meer op hout pale maar yster pale - die groentetuin is net vol kweek - die water voorsiening in New Xanagas is BAIE swak en die hitte baie kwaai - genadiglik is die groentetuin in Xanagas - waar ons baie water het - lewendig, dit moet 2 of 3 keer water kry per dag - dis Dina se vreugde - dit raak darem koeler. 
  •    "Dankie Vader dat U besig is om een van die kleinste gemeentetjies in U liggaam van Christus in New Xanagas te laat herlewe, vuur in harte te vervang met U Vrede en Vreugde en Lewe en Lig en samewerking.  Net U kan dit doen.  Ons wag op U. In Christus.  Amen."
Die Jode het mos geglo dat God vêr is - van hulle het gesteel en gehoereer - dit was OK - jy moes net nie uit gevang word nie - dan het hulle jou gestenig.  Jesus het alles verander met die woorde: "Bekeer julle, die koninkryk is hier, by, rondom, in julle.  Glo dit. Weet dit.
Dina        + 267 736 803 51                       
Gawi sel:    + 267 713 698 57    of      + 267 736 967 37     of      0721 580 587













Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Friday, 26 February 2016

Jy is die Deur. Aflewering 1




-------- Forwarded Message --------
Subject: Die Deur. Aflewering 1
Date: Fri, 26 Feb 2016 06:24:51 +0200
From: Johan Engelbrecht <acimna@iway.na>
To: xanagas@gmail.com <xanagas@gmail.com>


God is die lig van die lewe - Die Lig van Lewende Liefde.  Jy is 'n lig van Lewende Liefde. God is jou Lig, Die Lig wat in jou skyn en Die Lig wat deur jou skyn want God is Die Lig wat as jy skyn.  God is Die Lig van jou lewe.  Jy leef en beweeg en bestaan in Hom.  Jy is sigbaar want God is sigbaar as jy.

God is Die lig in alles rondom jou, die LIg van die wêreld waarin jy leef en beweeg en bestaan. Dus lewe en beweeg en bestaan jy in jou omgewing wat ook niks minder as God is nie. God is alles en oral sigbaar, binne jou en rondom jou, as jy en as die wêreld rondom jou.

Inteendeel, God is al wat eintlik sigbaar is want Hy is Die Lig wat sigbaar en ervaarbaar gemaak is. Jy kan Hom nie miskyk nie want Hy is alles in almal.

Die enigste manier om Hom nie te sien nie is om weg te kyk, jou fokus te verdeel of om deur filters te kyk.  Kanse is dat jy al drie gedoen het en dus aan driedubbele funksionele blindheid gely het terwyl daar heeltyd niks met jou oë verkeerd was nie.

Kyk oor.  Kyk weer … en weer … en weer.  Kyk in die oë van jou broers en susters en sien vir God. Sien Hom ook in die uitspansel en in die stof waarop jy trap, die stof wat jou volle gewig met blydskap en liefde dra - dankbaar om tot jou diens te kan wees. Dit is dieselfde stof waarvan jy gevorm is, die stof van jou liggaam wat jou volkome liefhet en die stof  waarmee jy in die wȇreld rondom jou leef en beweeg en bestaan.

Jy leef en beweeg en bestaan in God.  God leef en beweeg en bestaan in jou.  Uit Hom, deur Hom en tot Hom is alle dinge.  Dít is die kring - die sirkel - van Die Lewe, die sirkel van Lewende Liefde.  Jou rustelose soeke sal slegs tot ruste kom wanneer jy die volmaakte kring van die lewe raaksien en ervaar … en jy self weer die kring van die lewe is.

Jy soek God en vind Hom nie ten spyte daarvan dat Hy, jy en alles rondom jou is. Jy staar jou blind teen die ooglopende, teen God.  Die Engelse sê: "You do not see the forest for the trees." Jy verwonder of verag die vorms, die bome, die verkynsels, en sien net die oppervlakkige ... die bome.  Jy smag na God en vind Hom nie want jou smagting na oppervlakkige genot en jou smagting na tydelike bevrediging is groter.  Jy bid en ontvang nie, want bring wat jy ontvang in jou welluste deur.  Jy gryp na bome in plaas van God; bemoei jou met die aardse in plaas van die hemelse.

Daarom duur jou rustelose soeke na God voort en word dit al hoe dringender … want jy wéét onteenseglik dat God gevind, gesien en beleef kan word, móét word.  Jou smagting na tuiskoms en jou geboortereg brand soos 'n vuur binne jou want jy wéét onverklaarbaar dat beide wel bestaan en joune is.

Indien jy God wil vind, sal jou rondgeskarrel en soeke na buite en in boeke eers tot 'n einde moet kom.  Hy is verseker daar ook, maar uiterlikhede is nie die deur tot God nie. Jy is die deur. Die deur na God is in jou.  "Kyk Ek staan by die deur (van jou hart) en klop.  As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom en met hom maaltyd hou, en hy met My."

Dalk het jou deur ongemerk saggies toegegaan terwyl jy verdiep geraak het in jou uiterlike soeke na liefde en aansien, sekuriteit en geld, of mag en beheer ... of dalk het jy die deur self toegeklap in 'n oomblik van onbeheersde woede, diep teleurstelling of intense smart.  Tog is jy en jy alleen die bewaker van die deur tot jou hart.  Jy besluit wie en wat inkom en wie of wat uitgaan.  Jy alleen.  En jy weet dit.







Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Friday, 12 February 2016

GLORY !! Daar is kanker in die.......... Brief van Henda......


  •    GLORY !!  Daar is kanker in die prostaat - die groeisel in die blaas is NIE kwaadaardig nie.   Dis 'n wonderwerk.
  •    Oor na Henda om alles mooi te verduidelik - sy was saam met my by Dr Hugo vd Merwe:

    Genadiglik het die wonderwerk gebeur dat die kanker nie versprei het na die blaas nie. Die vergroeisel in die blaas is nie-kwaadaardig. Dit beteken dat chirurgie nou 'n opsie is. 'n Verdere probleem is dat daar ongelooflik baie nierstene in sy een nier is, wat 'n ernstige risiko van infeksie veroorsaak. Daar bestaan ook die risiko dat die stene kan begin beweeg na die prostaat operasie wat baie nadelig sal wees. Die nierstene moet dus verwyder word voor die prostaat operasie. Ons wag nog vir bevestiging van die datums, maar dit behoort oor ongeveer 2 weke te gebeur. Sy medies behoort dit volledig te dek.

    3 weke na die nieroperasie kan die prostaat verwyder word. Tentatief is dit gereel vir 5 April. Alhoewel die ou tradisionele prostaat operasie 'n moontlikheid is, en die kanker suksesvol behoort te kan verwyder word, is daar robotiese chirurgie beskikbaar, en my pa se Uroloog is ook 'n Robotiese Chirurg. Die herstel periode is baie korter, die pyn baie minder, blaasbeheer baie beter en die langtermyn skade aan al die omliggende dele is soveel beter dat dit eintlik nie eers 'n vraag is watter opsie mens kies nie.

    My pa gaan nou vir onkologiese voordele registreer word by Discovery medies, maar slegs die 2 beste planne dek die robotiese chirurgie amper ten volle. Alle ander planne, insluitende die plan waarop hy tans is, het 'n bybetaling van R31 000.00. Opgradering sal nie help nie, aangesien die premie vir een van die 2 beste planne so ongelooflik baie sal wees, dit sal goedkoper wees om net die bybetaling te betaal.

    Ons vra dus weereens hulp. Ons sal 'n reling met die hospitaal kan maak, moontlik vir 3 maande se afbetaling, maar sal ten minste R10 000.00 moet neersit tydens opname in April. Indien u enigsins iets kan bydrae spesifiek vir die operasie, kan u dit in my man se FNB rekening deponeer. Dit is 'n afsonderlikke rekening wat ons glad nie vir daaglikse transaksies gebruik nie, so dit kan baie maklik gemonitor word. Ons sal alle inbetalings daarin allokeer na my pa se mediese koste.

  • Henda se sel nr is 082 872 6333
  • Die besonderhede is:   FNB   AJ van Staden     Rek: 620 144 090 16     Tak: 252145       Dankie Vader.

Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy is in ons.....       

Dina        + 267 736 803 51                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel:    + 267 713 698 57    of      + 267 736 967 37     of      0721 580 587  sms.   0721 580 587.



Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Feit is: daar is groeisel in my blaas ..... ertjie groot niersteen ...... GROTER FEIT is: ........


  •    Feit is: daar is groeisel in my prostaat en blaas en ertjie groot nier steen is verwyder.
  •    GROTER FEIT is:     God ons Vader is TASBAAR hier en by jou.   WEET dit.
  •    Vraag vandag Vrydag 12 Feb is:    "Is die groeisel kwaadaardig?"       Ek glo en Dank ons Vader vir   -    NEE.
  •    WONDERWERKE tot hier is - Geen pyn met nier stene - daar is nog klomp kleintjies in linker nier.
  •                                                  -  Hospitaal plan in plek - ons Vader se Voorsiening.
  •                                                  -  Dina is OK in Xanagas.
  •                                                  -  Wysheid en tegnologie wat Hy vir mense gegee het om ander te help.
  •                                                  -  GENESING en dat daar nie kieme van die rektum in my sisteem gegaan het tydens biopsie.
  •                                                  -  Dat Henda en Andre in Pta bly en dat sy by kon wees met dokter se feite bekend making.
  •                                                  -  Dankie Vader vir reën - laat daar reën wees en daar was reën.
  •                                                  -  Dat jy nog steeds 'n vriend is.
Ander terloopse feite.   INDIEN daar behandel moet word is NET bestraling moontlik.   Chemoterapie en radio aktiewe saadjies is nie 'n opsie nie.

Verlede Sondag het ek van 07h00 in 'n tou van omtrent 20 DUISEND mense by die skou gronde in Pta gestaan saam met ander broers en susters wie se velle bietjie donkerder as myne was om Sy Woord te hoor.  GLORY !!   GOD IS BESIG.  HY IS IN BEHEER.

Mag jy die Vrede en Vreugde en die Teenwoordigheid van Christus - NOU - daar waar jy is - ervaar.

Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy is in ons.....       

Dina        + 267 736 803 51                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel:         0721 580 587.

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      


 
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.                 

















































Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Tuesday, 2 February 2016

S. O. S. My prostaat gaan DV in week van 7 Maart verwyder word .........



  •    S. O. S.   My prostaat gaan DV in week van 7 Maart verwyder word soos 'n vrot ui uit 'n sak.
  •    Ek is nog nurse vir Dina - sy loop mooi maar kan nog nie swaar goed op tel nie - dan word sy nurse vir my.
  •    Wanneer ons albei weer 100% reg is - skyn ons liggie in my klein hoekie en jou liggie skyn altyd.
Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy is in ons.....       

Dina        + 267 736 803 51                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel:    + 267 713 698 57    of      + 267 736 967 37     of      0721 580 587  sms.

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      


 
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.                 













































Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com