- Ek word toe NIE in die ICU wakker nie, maar in die gewone dag saal met geen operasie wonde nie. Die 2 dokters het die Wysheid gekry om eers WEER 'n scope te doen en toe sien hulle dat die 7 nierstene so deel van die nier is dat hulle dit net so los.
- Ek kan dus weer begin oefen vir die Comrades :-) .
- Die ander wonder werk is dat ons Vader - een van Sy baie name is Elshadai, in Afr. Meer as Genoeg - Voorsien het vir die bybetaling om die prostaat op 3 April dmv die robotiese tegnologie te verwyder. GLORY !!!
- Ek kon my terug vlug Windhoek toe met 6 dae vervroeg - die First Lady of Xanagas is BAIE Dankbaar.
- Ek kan die naweek weer in New Xanagas by die gemeentetjie wees - ek mag op rowwe paaie ry. DANKIE Vader.
- My web blad http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html is verouderd, besef ek toe ek na die foto's sit en kyk - die kerk het 'n 2 de laag skadunet gekry - die mure gaan Saterdag oranje word - die straat name LOVE, PEACE, HOPE, LIGHT, GRACE, ens is nie meer op hout pale maar yster pale - die groentetuin is net vol kweek - die water voorsiening in New Xanagas is BAIE swak en die hitte baie kwaai - genadiglik is die groentetuin in Xanagas - waar ons baie water het - lewendig, dit moet 2 of 3 keer water kry per dag - dis Dina se vreugde - dit raak darem koeler.
- "Dankie Vader dat U besig is om een van die kleinste gemeentetjies in U liggaam van Christus in New Xanagas te laat herlewe, vuur in harte te vervang met U Vrede en Vreugde en Lewe en Lig en samewerking. Net U kan dit doen. Ons wag op U. In Christus. Amen."
Die Jode het mos geglo dat God vêr is - van hulle het gesteel en gehoereer - dit was OK - jy moes net nie uit gevang word nie - dan het hulle jou gestenig. Jesus het alles verander met die woorde: "Bekeer julle, die koninkryk is hier, by, rondom, in julle. Glo dit. Weet dit.
Dina + 267 736 803 51
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of 0721 580 587
| | This email has been checked for viruses by Avast antivirus software. |