Friday, 12 February 2016

GLORY !! Daar is kanker in die.......... Brief van Henda......


  •    GLORY !!  Daar is kanker in die prostaat - die groeisel in die blaas is NIE kwaadaardig nie.   Dis 'n wonderwerk.
  •    Oor na Henda om alles mooi te verduidelik - sy was saam met my by Dr Hugo vd Merwe:

    Genadiglik het die wonderwerk gebeur dat die kanker nie versprei het na die blaas nie. Die vergroeisel in die blaas is nie-kwaadaardig. Dit beteken dat chirurgie nou 'n opsie is. 'n Verdere probleem is dat daar ongelooflik baie nierstene in sy een nier is, wat 'n ernstige risiko van infeksie veroorsaak. Daar bestaan ook die risiko dat die stene kan begin beweeg na die prostaat operasie wat baie nadelig sal wees. Die nierstene moet dus verwyder word voor die prostaat operasie. Ons wag nog vir bevestiging van die datums, maar dit behoort oor ongeveer 2 weke te gebeur. Sy medies behoort dit volledig te dek.

    3 weke na die nieroperasie kan die prostaat verwyder word. Tentatief is dit gereel vir 5 April. Alhoewel die ou tradisionele prostaat operasie 'n moontlikheid is, en die kanker suksesvol behoort te kan verwyder word, is daar robotiese chirurgie beskikbaar, en my pa se Uroloog is ook 'n Robotiese Chirurg. Die herstel periode is baie korter, die pyn baie minder, blaasbeheer baie beter en die langtermyn skade aan al die omliggende dele is soveel beter dat dit eintlik nie eers 'n vraag is watter opsie mens kies nie.

    My pa gaan nou vir onkologiese voordele registreer word by Discovery medies, maar slegs die 2 beste planne dek die robotiese chirurgie amper ten volle. Alle ander planne, insluitende die plan waarop hy tans is, het 'n bybetaling van R31 000.00. Opgradering sal nie help nie, aangesien die premie vir een van die 2 beste planne so ongelooflik baie sal wees, dit sal goedkoper wees om net die bybetaling te betaal.

    Ons vra dus weereens hulp. Ons sal 'n reling met die hospitaal kan maak, moontlik vir 3 maande se afbetaling, maar sal ten minste R10 000.00 moet neersit tydens opname in April. Indien u enigsins iets kan bydrae spesifiek vir die operasie, kan u dit in my man se FNB rekening deponeer. Dit is 'n afsonderlikke rekening wat ons glad nie vir daaglikse transaksies gebruik nie, so dit kan baie maklik gemonitor word. Ons sal alle inbetalings daarin allokeer na my pa se mediese koste.

  • Henda se sel nr is 082 872 6333
  • Die besonderhede is:   FNB   AJ van Staden     Rek: 620 144 090 16     Tak: 252145       Dankie Vader.

Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy is in ons.....       

Dina        + 267 736 803 51                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel:    + 267 713 698 57    of      + 267 736 967 37     of      0721 580 587  sms.   0721 580 587.



Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com