Thursday, 3 March 2016

Ek word toe NIE in die ICU wakker nie..........


  •    Ek word toe NIE in die ICU wakker nie, maar in die gewone dag saal met geen operasie wonde nie.  Die 2 dokters het die Wysheid gekry om eers WEER 'n scope te doen en toe sien hulle dat die 7 nierstene so deel van die nier is dat hulle dit net so los.
  •    Ek kan dus weer begin oefen vir die Comrades :-) .
  •    Die ander wonder werk is dat ons Vader - een van Sy baie name is  Elshadaiin Afr.   Meer as Genoeg - Voorsien het vir die bybetaling om die prostaat op 3 April dmv die robotiese tegnologie te verwyder.     GLORY !!!
  •    Ek kon my terug vlug Windhoek toe met 6 dae vervroeg - die First Lady of Xanagas is BAIE Dankbaar.
  •    Ek kan die naweek weer in New Xanagas by die gemeentetjie wees - ek mag op rowwe paaie ry.  DANKIE Vader.
  •    My web blad   http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html   is verouderd, besef ek toe ek na die foto's sit en kyk - die kerk het 'n 2 de laag skadunet gekry - die mure gaan Saterdag oranje word - die straat name LOVE, PEACE, HOPE, LIGHT, GRACE, ens is nie meer op hout pale maar yster pale - die groentetuin is net vol kweek - die water voorsiening in New Xanagas is BAIE swak en die hitte baie kwaai - genadiglik is die groentetuin in Xanagas - waar ons baie water het - lewendig, dit moet 2 of 3 keer water kry per dag - dis Dina se vreugde - dit raak darem koeler. 
  •    "Dankie Vader dat U besig is om een van die kleinste gemeentetjies in U liggaam van Christus in New Xanagas te laat herlewe, vuur in harte te vervang met U Vrede en Vreugde en Lewe en Lig en samewerking.  Net U kan dit doen.  Ons wag op U. In Christus.  Amen."
Die Jode het mos geglo dat God vêr is - van hulle het gesteel en gehoereer - dit was OK - jy moes net nie uit gevang word nie - dan het hulle jou gestenig.  Jesus het alles verander met die woorde: "Bekeer julle, die koninkryk is hier, by, rondom, in julle.  Glo dit. Weet dit.
Dina        + 267 736 803 51                       
Gawi sel:    + 267 713 698 57    of      + 267 736 967 37     of      0721 580 587













Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Friday, 26 February 2016

Jy is die Deur. Aflewering 1




-------- Forwarded Message --------
Subject: Die Deur. Aflewering 1
Date: Fri, 26 Feb 2016 06:24:51 +0200
From: Johan Engelbrecht <acimna@iway.na>
To: xanagas@gmail.com <xanagas@gmail.com>


God is die lig van die lewe - Die Lig van Lewende Liefde.  Jy is 'n lig van Lewende Liefde. God is jou Lig, Die Lig wat in jou skyn en Die Lig wat deur jou skyn want God is Die Lig wat as jy skyn.  God is Die Lig van jou lewe.  Jy leef en beweeg en bestaan in Hom.  Jy is sigbaar want God is sigbaar as jy.

God is Die lig in alles rondom jou, die LIg van die wêreld waarin jy leef en beweeg en bestaan. Dus lewe en beweeg en bestaan jy in jou omgewing wat ook niks minder as God is nie. God is alles en oral sigbaar, binne jou en rondom jou, as jy en as die wêreld rondom jou.

Inteendeel, God is al wat eintlik sigbaar is want Hy is Die Lig wat sigbaar en ervaarbaar gemaak is. Jy kan Hom nie miskyk nie want Hy is alles in almal.

Die enigste manier om Hom nie te sien nie is om weg te kyk, jou fokus te verdeel of om deur filters te kyk.  Kanse is dat jy al drie gedoen het en dus aan driedubbele funksionele blindheid gely het terwyl daar heeltyd niks met jou oë verkeerd was nie.

Kyk oor.  Kyk weer … en weer … en weer.  Kyk in die oë van jou broers en susters en sien vir God. Sien Hom ook in die uitspansel en in die stof waarop jy trap, die stof wat jou volle gewig met blydskap en liefde dra - dankbaar om tot jou diens te kan wees. Dit is dieselfde stof waarvan jy gevorm is, die stof van jou liggaam wat jou volkome liefhet en die stof  waarmee jy in die wȇreld rondom jou leef en beweeg en bestaan.

Jy leef en beweeg en bestaan in God.  God leef en beweeg en bestaan in jou.  Uit Hom, deur Hom en tot Hom is alle dinge.  Dít is die kring - die sirkel - van Die Lewe, die sirkel van Lewende Liefde.  Jou rustelose soeke sal slegs tot ruste kom wanneer jy die volmaakte kring van die lewe raaksien en ervaar … en jy self weer die kring van die lewe is.

Jy soek God en vind Hom nie ten spyte daarvan dat Hy, jy en alles rondom jou is. Jy staar jou blind teen die ooglopende, teen God.  Die Engelse sê: "You do not see the forest for the trees." Jy verwonder of verag die vorms, die bome, die verkynsels, en sien net die oppervlakkige ... die bome.  Jy smag na God en vind Hom nie want jou smagting na oppervlakkige genot en jou smagting na tydelike bevrediging is groter.  Jy bid en ontvang nie, want bring wat jy ontvang in jou welluste deur.  Jy gryp na bome in plaas van God; bemoei jou met die aardse in plaas van die hemelse.

Daarom duur jou rustelose soeke na God voort en word dit al hoe dringender … want jy wéét onteenseglik dat God gevind, gesien en beleef kan word, móét word.  Jou smagting na tuiskoms en jou geboortereg brand soos 'n vuur binne jou want jy wéét onverklaarbaar dat beide wel bestaan en joune is.

Indien jy God wil vind, sal jou rondgeskarrel en soeke na buite en in boeke eers tot 'n einde moet kom.  Hy is verseker daar ook, maar uiterlikhede is nie die deur tot God nie. Jy is die deur. Die deur na God is in jou.  "Kyk Ek staan by die deur (van jou hart) en klop.  As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom en met hom maaltyd hou, en hy met My."

Dalk het jou deur ongemerk saggies toegegaan terwyl jy verdiep geraak het in jou uiterlike soeke na liefde en aansien, sekuriteit en geld, of mag en beheer ... of dalk het jy die deur self toegeklap in 'n oomblik van onbeheersde woede, diep teleurstelling of intense smart.  Tog is jy en jy alleen die bewaker van die deur tot jou hart.  Jy besluit wie en wat inkom en wie of wat uitgaan.  Jy alleen.  En jy weet dit.







Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Friday, 12 February 2016

GLORY !! Daar is kanker in die.......... Brief van Henda......


  •    GLORY !!  Daar is kanker in die prostaat - die groeisel in die blaas is NIE kwaadaardig nie.   Dis 'n wonderwerk.
  •    Oor na Henda om alles mooi te verduidelik - sy was saam met my by Dr Hugo vd Merwe:

    Genadiglik het die wonderwerk gebeur dat die kanker nie versprei het na die blaas nie. Die vergroeisel in die blaas is nie-kwaadaardig. Dit beteken dat chirurgie nou 'n opsie is. 'n Verdere probleem is dat daar ongelooflik baie nierstene in sy een nier is, wat 'n ernstige risiko van infeksie veroorsaak. Daar bestaan ook die risiko dat die stene kan begin beweeg na die prostaat operasie wat baie nadelig sal wees. Die nierstene moet dus verwyder word voor die prostaat operasie. Ons wag nog vir bevestiging van die datums, maar dit behoort oor ongeveer 2 weke te gebeur. Sy medies behoort dit volledig te dek.

    3 weke na die nieroperasie kan die prostaat verwyder word. Tentatief is dit gereel vir 5 April. Alhoewel die ou tradisionele prostaat operasie 'n moontlikheid is, en die kanker suksesvol behoort te kan verwyder word, is daar robotiese chirurgie beskikbaar, en my pa se Uroloog is ook 'n Robotiese Chirurg. Die herstel periode is baie korter, die pyn baie minder, blaasbeheer baie beter en die langtermyn skade aan al die omliggende dele is soveel beter dat dit eintlik nie eers 'n vraag is watter opsie mens kies nie.

    My pa gaan nou vir onkologiese voordele registreer word by Discovery medies, maar slegs die 2 beste planne dek die robotiese chirurgie amper ten volle. Alle ander planne, insluitende die plan waarop hy tans is, het 'n bybetaling van R31 000.00. Opgradering sal nie help nie, aangesien die premie vir een van die 2 beste planne so ongelooflik baie sal wees, dit sal goedkoper wees om net die bybetaling te betaal.

    Ons vra dus weereens hulp. Ons sal 'n reling met die hospitaal kan maak, moontlik vir 3 maande se afbetaling, maar sal ten minste R10 000.00 moet neersit tydens opname in April. Indien u enigsins iets kan bydrae spesifiek vir die operasie, kan u dit in my man se FNB rekening deponeer. Dit is 'n afsonderlikke rekening wat ons glad nie vir daaglikse transaksies gebruik nie, so dit kan baie maklik gemonitor word. Ons sal alle inbetalings daarin allokeer na my pa se mediese koste.

  • Henda se sel nr is 082 872 6333
  • Die besonderhede is:   FNB   AJ van Staden     Rek: 620 144 090 16     Tak: 252145       Dankie Vader.

Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy is in ons.....       

Dina        + 267 736 803 51                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel:    + 267 713 698 57    of      + 267 736 967 37     of      0721 580 587  sms.   0721 580 587.



Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Feit is: daar is groeisel in my blaas ..... ertjie groot niersteen ...... GROTER FEIT is: ........


  •    Feit is: daar is groeisel in my prostaat en blaas en ertjie groot nier steen is verwyder.
  •    GROTER FEIT is:     God ons Vader is TASBAAR hier en by jou.   WEET dit.
  •    Vraag vandag Vrydag 12 Feb is:    "Is die groeisel kwaadaardig?"       Ek glo en Dank ons Vader vir   -    NEE.
  •    WONDERWERKE tot hier is - Geen pyn met nier stene - daar is nog klomp kleintjies in linker nier.
  •                                                  -  Hospitaal plan in plek - ons Vader se Voorsiening.
  •                                                  -  Dina is OK in Xanagas.
  •                                                  -  Wysheid en tegnologie wat Hy vir mense gegee het om ander te help.
  •                                                  -  GENESING en dat daar nie kieme van die rektum in my sisteem gegaan het tydens biopsie.
  •                                                  -  Dat Henda en Andre in Pta bly en dat sy by kon wees met dokter se feite bekend making.
  •                                                  -  Dankie Vader vir reën - laat daar reën wees en daar was reën.
  •                                                  -  Dat jy nog steeds 'n vriend is.
Ander terloopse feite.   INDIEN daar behandel moet word is NET bestraling moontlik.   Chemoterapie en radio aktiewe saadjies is nie 'n opsie nie.

Verlede Sondag het ek van 07h00 in 'n tou van omtrent 20 DUISEND mense by die skou gronde in Pta gestaan saam met ander broers en susters wie se velle bietjie donkerder as myne was om Sy Woord te hoor.  GLORY !!   GOD IS BESIG.  HY IS IN BEHEER.

Mag jy die Vrede en Vreugde en die Teenwoordigheid van Christus - NOU - daar waar jy is - ervaar.

Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy is in ons.....       

Dina        + 267 736 803 51                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel:         0721 580 587.

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      


 
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.                 

















































Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Tuesday, 2 February 2016

S. O. S. My prostaat gaan DV in week van 7 Maart verwyder word .........



  •    S. O. S.   My prostaat gaan DV in week van 7 Maart verwyder word soos 'n vrot ui uit 'n sak.
  •    Ek is nog nurse vir Dina - sy loop mooi maar kan nog nie swaar goed op tel nie - dan word sy nurse vir my.
  •    Wanneer ons albei weer 100% reg is - skyn ons liggie in my klein hoekie en jou liggie skyn altyd.
Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy is in ons.....       

Dina        + 267 736 803 51                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel:    + 267 713 698 57    of      + 267 736 967 37     of      0721 580 587  sms.

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      


 
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.                 













































Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Friday, 15 January 2016

Ons Oudste Broer het gekom dat ons Lewe en Oorvloed kan beleef ....Aquaponics .....Dina loop... foto reën....



  •     Ons Oudste Broer het gekom dat ons Lewe en Oorvloed kan beleef - ek skryf spesifiek nie Sy Naam nie want party spam filters gooi dit dan weg.    67 % van die kos wat die gemiddelde mens eet is koring, mielies en soja en vleis van diere wat die 3 goed eet.   Dis verkeerd.   Dis nie oorvloed - abundance nie.   Die dief steel en maak siek en dood.  Joh. 10 vers 10.                        
  •      Aquaponics is 'n manier - goedkoop - prakties - wat werk - dat jy, in jou agterplaas - op sement - enige oppervlak - met min water - groente en vis kan produseer - genoeg vir jou gesin en om weg te gee of te verkoop.   Die aquaponic - feite vind reis na Pta - was baie leersaam.    Op 'n stadium was ek baie negatief - dit kan baie duur en tegnies ingewikkeld wees.   

    Ek gaan by Xanagas begin en so gou moontlik by Blessing en New Xanagas en daarna waar ook al - sal jou ook help as jy wil.   Elektrisiteit is nie nodig nie - kan met son krag gedoen word.       Dankie Vader vir wat ook al ons nodig het.

  •     Ek wou nog gaan skadunet koop en die oggend toe ek Hoofkantoor vra of ek dit moet koop - was die antwoord baie duidelik NEE.   Later in die dag het ek besef dat ek net genoeg water het om te verander in petrol huis toe.  Hy is Wysheid.  
Jy  ken seker die boodskappie ?!   FNB Cheque Account ..825386 is in excess. Please make a deposit to adjust. Kindly ignore if deposited. 15Jan 07:00

  •     Dina loop sonder krukke !!     GLORY !!
  •    Dankie Vader vir REËN - laat daar REËN wees en daar was REËN - Leef sê en dink dit orals.   Foto aangeheg van reën by ons huis in Xanagas 3 dae terug - hier is 'n kalk klip laag, water sak stadig weg.   GLORY!!
Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy is in ons.....       
Dina        + 267 736 803 51                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel:    + 267 713 698 57    of      + 267 736 967 37     of      0721 580 587  sms.

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      


 Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.                                                 
PayPal.  xanagas@gmail.com   

















































Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Wednesday, 6 January 2016

Party verstaan nie mooi nie. Ja. GLORY!! Dit het gereën - by Xanagas .........


  •    Party verstaan nie mooi nie.  Ja.  GLORY!! Dit het gereën - by Xanagas is die kweek groen - moet dit eintlik sny.  By Blessing het dit so baie gereën dat al hulle goed, boeke, alles sop nat was.  Die tente lek.  In proses om waterdigte skadunet huisies te bou.   Moet juis in RSA gaan off-cut net koop.   Werk baie goedkoper uit.
  • Die doel van: Dankie Vader vir reën.   Laat daar reën wees - en daar was reën.   In Christus.
         
    Is dat ons elkeen saam stem en God ons Vader Dank vir reën ORALS.  Ons vertrou dat Hy in Sy groot liefde nie nou vir die druiwe boere reën sal gee nie - later wel.  :-) .
Die lug rondom ons is water - waterstof, suurstof, stikstof - net God kan H2O maak.  "U kan.  Dankie Vader. "   Jesus het gesê: "Die  mense sê, maar Ek (Christus) sê...."   God het in Gen 1 vers 1 nie gefokus op die chaos nie - maar geskep...."
  •  Ek begin vanmiddag ry - 2 dae aquaponics - dan RSA toe om 2 of 3 klein ronde sink dammetjies, pompies, solar, vis kos, en what ever te kry.   Dankie Vader vir U Voorsiening.   Die selfde wet / reël geld hier as vir die reën.   Wat ons nie sien nie - is meer konkreet as dit wat ons sien.  Heb 11 vers 1   
  • Daar is 'n spannetjie van Campus in New Xanagas bedrywig met opleiding en die Jesus Film - lekker om nie alles te doen nie.   Dankie Martin.   Kon darem vleis en hout vir hulle vat en bietjie met die span gesels.  Hulle bly tot Sondag.
  • Ek het vir so 'n paar van julle 'n persoonlike briefie geskryf.  Antwoord asseblief :-) .   Ek weet jou inbox is vol.
  Baie BLESSINGS en Liefde vir jou en almal rondom jou - want ons Leef  in Hom en Beweeg en is in Hom en Hy in ons..        
Dina           0721 580 587   in Pta                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37  

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      


 Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.     
PayPal.  xanagas@gmail.com   













































Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Tuesday, 5 January 2016

Dankie Vader vir reën. Let there be RAIN - en daar was reën........


Dankie Vader vir reën.   Laat daar reën wees - en daar was reën.   In Christus.

Thank You Father for rain.  Let there be rain - and there was rain. In Christ.




Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Friday, 18 December 2015

Dankie Vader vir.......


  •        Dankie Vader - elke dag - 'n Christus Fees - U is Lewe - U sorg vir elkeen van ons - U gee Genesing - U is Vreugde.
  •        Dankie dat Dina se been so mooi aangegroei het - dankie vir Genesing en Heling vir die swak en ongeoefende spiere.
  •        Dankie dat ek by die regte plase en mense sal uit kom om hulle te vertel van die onbekende God in wie ons Leef, Beweeg en is.   Hand 17     Hierdie is 'n goeie tyd - kinders is ook op die vee poste. 
  •        Dankie vir Mac en sy span vir Bybels en prente en Mega Voice spelers en solar luidspreker stel.  GLORY !!
  •        Dankie dat U vir ons Sorg - die dammetjie was leeg - U Weet - U het water laat vloei - Bless hulle wat gee en nie gee nie.
  •        Aquaponic opleiding skuif aan na vroeg in Januarie.   Jeff in RSA.
  •        25 Des vergader ons almal saam op 'n sentrale plek in New Xanagas - Dankie Vader vir kos om vir almal iets te kook.
  •        Dankie Vader vir reën.
  •        Dankie Vader vir my bakkie met amper 1.1 miljoen km.   Sien foto van Mac en 604 onder - skuus foto wil nie stuur nie.  
                        Baie BLESSINGS vir jou en my - in Christus.

Dina    + 267 736 803 51                                                                            http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Gawi sel: + 267 713 698 57     of + 267 736 967 37      of sms   0721 580 587

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert     
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.





Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Saturday, 28 November 2015

... ons 45ste huweliksherdenking.... KKNK 2016... ...perde en bokke en hul BASE kom water............


  •    Dina en ek was vir 'n paar dae in New Xanagas by haar volmaan aftree-huisie tydens ons 45ste huweliksherdenking.  Oor na haar:
  • Hi, liewe julle almal. Ek vlieg Dinsdag 1 Des Pta toe vir 'n week om beendigtheidstoets te laat doen en by 'n dierbare fisio - Ivo - uit te kom vir leiding op die pad van my krukke se aftrede af.    My sel nr in Pta is 076 7556 348.   Na die afbeen episode in my lewe was ek so opgewonde om betyds terug te kom vir die KKNK 2016 program - my enigste jaarlikse vakansie vir die afgelope 21 jaar.     Ek groet met: God bless u all richly.  Love,  Dina.
  •   Dina het baie goedkoop bly plek by baie aangename en vriendelike mense.    Ek gaan nie saam nie.
  •     Ek het Wysheid gevra oor hoe om die mense van New Xanagas te bereik.  Ek moet / gaan so gou moontlik vir 'n paar dae my tentjie opslaan by die enigste drink plek waar meer as 1000 beeste, donkies, perde en bokke en hul BASE kom water drink - ek gaan soos Jesus in Joh 4 met elkeen gesels en die onderstaande briefie gee en bespreek en terug stuur na sy huis as Ambassadeur van Christus.    Bid jy vir my en hom?   DANKIE!!

You are alive.  God our Father is LIFE.  We are living in Him and moving in Him and He is in us.
Acts 17 verse 28
The church in New Xanagas is like a burnt out fire with a lot of ash. - please help to take out the ash.
Let's make a new fire. Let's pray and trust God for new life in us and the church.
I Am and WE ARE the church and Life and Peace and Joy and Wisdom and Healing.
You are Welcome!!!

                 Baie BLESSINGS en Liefde vir jou.
Dina           076 7556 348 in Pta                       http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/p/new-xanagas.html

Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms   0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      


 Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.     
PayPal.  xanagas@gmail.com   





































Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Sunday, 15 November 2015

Rede vir Blessing se min water. Dina se been. Reen by Blessing en by jou.......


  •           Ek weet nou hoekom Blessing se boorgat so min water lewer.  Dis sodat ons Vader die eer moet kry vir die Wysheid en kos en nie die oorvloed water nie.   HY is ons Oorvloed van alles wat ons nodig het - in Christus.   Afrika se uitdaging is om kos te produseer.   Water is nie orals oorvloedig beskikbaar nie.  'n Amerikaanse vriend naby Gaborone was hier en hy produseer vis en groente dmv aquaponics.  Ek moet gaan kyk hoe doen hy dit.   Ons sal klein begin - 1000 liter water tenk vir vis - mens plant groente in die water - hulle leef van die vis se mis - geen kuns mis.   Al water wat vervang word is die wat verdamp.
  •           Ek gaan middel Des na hom toe en Pta toe vir tandarts en om skadunet "off cuts" te koop.                                
  •           Dina wil net hardloop met haar been - maar mag nog nie op hom trap nie - tot einde van Nov, dan is 3 maande verby, kan jy dit glo?     Sy is erg gefrustreerd maar dit gaan goed.   Gideon het kom help - Dankie Vader.   Nou kan ek by die herstel werk in en om die huis uit kom.
  •         Ek het mos tydelik bietjie onttrek uit New Xanagas - om nuwe kerk kans te gee om te ontwikkel - daar gebeur nie veel nie.
  •    Martin se dak waaronder hy sy tent opgeslaan het, het afgewaai - interessant genoeg 'n paar dae nadat ek die los plate met staal draad probeer vas maak het.    Dit was 'n baie sterk weste wind - dieselfde een wat ons groot tent vroeër in 2 geskeur het.
  •        Die beste nuus vir laaste.   Dit het nou al 4 keer lekker gereën by Blessing - die rosyntjie bos is pragtig groen.    By New Xanagas - 10 km van daar af min.    
  •         Ek het uiteindelik die Veld Master - Damara, Dorper, Van Rooy kruising skape uit Namibia soontoe vervoer - skape wat bos vreet.  Was  nogal 'n proses, duur ook, belasting, sleepwa huur, petrol ens.  Dankie Vader vir U Voorsiening.
  •        Vir die een of 2 van julle wat weet dat ek Christ Letters gelees het - presies 'n jaar gelede het my sending kollegas en ek 'n meeting in Gantsi gehad - waar ons dit bespreek het.    Die vergadering het besluit "Let's stick to the Bible - Christ Letters is dangerous."      Snaaks genoeg, ek het sedertdien dit nog nie weer gelees nie.      Nou besig met Course of Love - kan dit digitaal, pdf vir jou stuur - 'n broer was so beïndruk daarmee dat hy dit oor getik het.     Vra net.   
  •       "Dankie Vader - ons leef in U en beweeg in U en U is in ons.   Dankie vir reën hier en by my vriend wat hier lees.   Bless hom of haar ook met reën in hul harte."   

                       Baie BLESSINGS en water vir jou.

Dina    + 267 736 803 51                                                                            http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/ 
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms   0721 580 587 

PayPal.  xanagas@gmail.com   
Kan jy glo daar het 2 susters uit New Zeeland water laat vloei.   Dankie Lize en Ansie.

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

































Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Friday, 16 October 2015

Briefie van Dina: EN Blessing boorgat...


  •  Liewe e-pos vriende, soos julle op hoogte gehou was van my been breuk - waarna ek my linker been se werk met twee krukke moes aan durf - herstel ek wonderbaarlik.
Die doel van hierdie brief is om uit die bodem van my hart BAIE DANKIE te sê vir die "engele" - Henda my dogter eerstens en nog vier of vyf ander donateurs se wonderlike donasie elke maand om vir ons 'n Discovery Hospitaal mediese fonds in stand te hou.  As ek as Botswana burger en staatspasiënt afhanklik moes wees van gratis hulp, sou ek dalk op 'n skeef aangegroeide been moes hink en pink.

Vir die wie nog verder belangstel som ek gou die rampspoedige val op.  Namibië se se selfoonkoste is skrikwekkend - duurste in die wêreld.   Gevolglik trek ek met 'n spoed op die grasperk weg toe my foon in die huis lui.   Sou ek nie betyds antwoord om die vergete items op die Gobabis inkopie lys aan te vul nie, beteken dit my B-mobile lug tyd is te skraps om terug te bel.    In die haastigheid, gly my nat skoene op 'n tuin paadjie teël en ek val my byna bewusteloos op die sement blad voor ons skadunet vertrek.  Dog eers ek is verlam in my onderlyf. Genadiglik roer my linker voet tone, maar die been beweeg glad nie.   Instinktief gryp ek 'n tafel doekie langs die hek en en hys daarmee die skewe been op sodat sy enkel op die gesonde been kan stut in die fetus posisie waarin ek lê - en nog amper 23 uur sou lê.     Genadiglik kon ek in Setswana om hulp roep.

Tot my redding daag twee Boesman seuntjies by die draad heining op om my met geskokte gesigsuitdrukkings deur die riete bos te beloer.

"Jump the fence!  Jump the fence!" gil ek histeries en word net ongelowig aangegaap want een ding wat 'n koshuis kind NIE MAG DOEN nie, is om oor my erf heining te spring.   Maar ek soebat verduidelikend dat hulle moet oor spring om die hek sleutel te kry en  Matha te roep om my te help.  Sy het my met 'n stuk skadunet tot voor die donkie-boiler gesleep.  Sy het vuur gemaak sodat ek 'n bitter koue kalahari-woestyn nag buite kon oorleef.  Toe Gawi 8 uur die aand opdaag, het hy my versigtig op 'n kamp matrassie gesleep.  En so kamp ons toe uit - detail moeilik om te skryf - om 8 uur klaring te kry vir behandeling in Whk - anders moes ons Pta toe ry.

Dr Wurmbagger kon 30 uur na die val my been met 'n pen en 4 skroewe heg.  Bygesê dat ek vir 90 dae nie gewig daarop mag sit nie, want my bene is soos botter, sê hy.

Ek kom 1 tot 8 Desember Pta toe vir 'n been digtheids toets en behandeling.

God Bless,   Dina.
  • Ons Vader het 10,000 Nam dollars voorsien om gat dieper te boor - ons staan nou op R11,000.   Ek sal by die Meteorologiese Dept in Gaborone uit vind hoe dik die rots laag is.     
Dina    + 267 736 803 51                                                                            http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/ 
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms   0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.



























Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Wednesday, 7 October 2015

3 goed op agenda: nuwe kerk in New Xanagas boorgat by Blessing en Dina......


Drie goed op agenda:
  •   Dankbaar.  Ons Vader - in Sy groot Wysheid het GEEN water laat vloei om 'n nuwe kerk in New Xanagas te bou nie, WANT die gemeenskap saal is gerestoureer en toegerus met elektrisiteit.  Dit sal gebruik word vir byeenkomste.   Daar is 'n Trust gestig die New Xanagas Kuru-A-Boo Community Trust.  Kuru-A-Boo beteken - Skep jou Visie - die Boesmans het self die naam gekies.
  •   Die boorgat by Blessing gee net 2500 liter water per dag.  Dis genoeg vir so 200 plus skape en bokke.  Niks kan geplant word nie. Ons vertrou ons Vader vir water om die gat dieper te boor dat ons deur die rooi kwarts rots kom - dan is ons DV in die water .  As jy water wil laat vloei merk dit Boorgat asb.  Two Bob is maksimum in die rooi.
  • Dit gaan goed met Dina - DANKIE Vader.  Sy is behendig met die krukke.   Sy sit geen gewig op die been en het geen pyn nie.  Nog 6 weke oor vir krukke.   Gideon het kom help.   Ek maak in en rondom huis reg - goed wat jare al wag om reg gemaak te word.    
Dankie vir jou vriendskap.

                        Baie BLESSINGS vir jou en my - in Christus.

Dina    + 267 736 803 51                                                                            http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/ 
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms   0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert      
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.























Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


Wednesday, 16 September 2015

Na die nag van absolute magteloosheid en totale afhanklikheid van.......


Na die nag van absolute magteloosheid en totale afhanklikheid van God ons Vader en belewenis van Sy Teenwoordigheid -
wil ek graag hierdie klein ietsie met jou deel.

Maak jou oë toe.   Die donker wat jy sien - is God. 

Die donker wat jy sien in die nag - is God.

Dis 'n "gelykenis" om ons Vader se Alomteenwoordigheid,

Sy Alwetendheid en Almagtigheid 'n bietjie beter te verstaan.

Jy hoef dit nie eers te glo nie - jy weet - jy Sien Hom want -

"ons leef in Hom, beweeg in Hom en is in Hom."     Hand 17:28

Baie Blessings vir jou. 

Gaan goed met Dina.    Dankie Vader.



Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com