Gister probeer ek mos om 'n kerk vol kinders te leer wat ons vrees gebeur met ons. Job 3:25. Met fotos van 'n druiwe prieel, wat Gideon nog vir my geneem het - probeer ek hulle leer dat ons swak mensies - soms vol vrees - soos slap druiwe lote - op gelig word deur ons Vader - versterk en kragtig deur Sy Gees - ook vrug dra - nie druiwe nie - dit het 'n tyd en 'n tyd en 'n half geneem voor een huiwerig die handjie opgesteek het - verhoog toe gekom het en sĂȘ "KE NNA LERATO." "Ek is liefde." Toe kry sy 'n nikkerbol. Toe kom die ander: "Ek is vrede" en "I am Joy en....."
"Dankie Vader dat Dina en ek hier by Xanagas - op die skool terrein - langs 'n koshuis - kan bly.
U is Wonderbaar."