Sunday, 16 December 2018

....hitte was toe nie so erg vir die span ...........As jy en vriende self so iets enige tyd of plek...... Dina in Pta...

 ...en beleef die Wonderwerke wat gaan gebeur.:-) (Dis hoe die vorige briefie geëindig het.)

    Die 40 grade + hitte was toe nie so erg vir die span nie want hulle het gefokus op die koninkryk van God.  Hulle het kort groen gras (hemel) gesien i.p.v. woestyn.  Terwyl hulle reg gedink, reg gepraat en reg gedoen het, laat God mos dat die dinge gebeur wat moet. Mat 6:33  Step back and let God...   Ons het nie die Okwa gery nie - wel die Ncojane pad want daar was 2 nuwe voertuie......   Dorings krap verf en die sand sou pla.

    Dit was regtig 'n fees, tot die 2 jarige Gideon het op sy fietsie saam gery.  In die aand is die Jesus film gewys en gepause waar die 3 kruise staan of by die oop graf en dan is verduidelik waarom ons daar is.

     'n Paar donkie karre en bakkies is gesweis en werk nou weer beter en sink baddens lek nie meer nie.:-)

  • As jy en vriende self so iets enige tyd of plek wou reël gesels met manie.ackerman@outlook.com  billik en baie ervare.   Manie en Jan en hul vroue is deur God geroep om sulke uitreike te laat gebeur.
  • Dankie dat jy gebid het.  Dankie Sakkie, Willie, Pieter, Manie en span dat julle gekom het.  God Bless u.

Mag ek die volgende behoeftes bekend maak:
  • Support vir Bandu -TwoBob se knap dogter - vir 2 jaar - sy studeer om 'n Preschool teacher te word.
  • Sop kombuis in New Xanagas vir ou mense - pap, groente en Toppers.
  • 'n Kombi vir Christ's Ambassadors in New Xanagas om naweke uit te reik na skool koshuise.   Marius v Zyl wat 28 jaar gelede tot bekering gekom het en BAIE terug geval het en sy vrou is nou gereed om te help, hulle trek DV New Xanagas toe.   Ons het water nodig wat verander in diesel, kos en wat ook al.  
  • Kontak vir sakkie.fourie@gmail.com indien jy water wil stuur, hy sal dit per forex na my Bots rekening stuur.   Dan deel ons die R220+ bankkoste wat elke keer betaal moet word.  Ek sal dit laat vloei waar nodig.  Merk waarvoor dit is.
  • Dina is in RSA tot 24 Des.  Bel Henda 082872633 as jy met haar wil gesels.
BLESSINGS!!                        http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

Xanagas@gmail.com    + 26773696737  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


  Ons Leef in Hom, beweeg ry, slaap, in Hom en is in Hom.        Hand 17:28

Virus-free. www.avast.com

Thursday, 6 December 2018

my bakkie met TWEE Wonderlike geskenke:.... 'n 3de wonderwerk gebeur.....


     Laas Vrydag in Gobabis terwyl my bakkie met TWEE  Wonderlike geskenke:
  • 2 nuwe bande en 'n dubbel tenk (122 liter) petrol uit ons Vader se hand reg gemaak word vir die pad, het 'n 3de wonderwerk gebeur. (Ek probeer dit skryf soos dit gebeur het:)     
  • My bakkie het tot hier gery sonder enige probleem.  Ek staan langs die petrol meter met Nam$1579.00 op, wat ek nie hoef te betaal nie :-), toe wil my bakkie nie start nie, later vat hy en met 'n gehoes en proes vorder ons 50 meter oor die pad en parkeer voor Spar.  Nou wat nou?  Ek weet God is in beheer.  Het 1ste ding vanoggend ge "I will step back and let Him lead the way"  en wanneer ek aan Hom dink - weer ge step back....    Het die joggie diesel ingegooi?  Is 'n vonkprop draad los?  Ek maak toe die tou wat die enjinkap vashou los en toe ek die bonnet oplig - toe kom die boodskap van Hoofkantoor deur: "Die petrol filter is vuil."   Dis nie 'n hoorbare stem nie, dis 'n WEET.    Ek laat  sak die kap en gaan koop TWEE nuwe filters want ek het altyd 'n spaar in die paneelkissie en het vergeet om 'n paar jaar gelede toe die ander een gebruik was weer een te koop.  Sit die nuwe een in en enjin loop nou nog mooi.   Die Wonderwerk is dat dit DAAR gebeur het, waar ek een kon koop en nie iewers in Botswana nie.  GLORY !!
  • Sakkie se span van 15 en ons - 4 jong mense van New Xanagas en die drywer - hulle is klein, pas op die agtersitplek, my bakkie het mos nie 'n voorste sit plek nie, dis pak plek, het dit 17 jaar gelede uitgehaal toe Jaco 6 was en hy daar geslaap het - ontmoet mekaar more in Kang vir die bergfietse..., vee poste.... en?  "We will step back and let Him lead the way"     en beleef die Wonderwerke wat gaan gebeur.:-)
    BLESSINGS!!                        http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86   Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert

Xanagas@gmail.com    + 26773696737  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


  Ons Leef in Hom, beweeg ry, slaap, in Hom en is in Hom.        Hand 17:28

Virus-free. www.avast.com

Wednesday, 21 November 2018

... 49 jaar gelede - 21/11/1970 - gesê: "I do."...TwoBob se oog.....Bergfiets .......


  •     Vandag,  49 jaar gelede - 21/11/1970 - 4 nm het ek en die First Lady of Xanagas voor die kansel in Letsitele gestaan en gesê:     "I do."          Dankie Vader.
  •      TwoBob se oog was ontsteek, die pupil en iris het aan mekaar vasgeklou, sy kan nou so 5 uit 10 sien met die oog en dit verbeter.  Dankbaar.
  •       Op 7 Des sluit ek en 3 jong mense van New Xanagas in Kang by sakkie.fourie@gmail.com se span aan.    Ons gaan elke oggend so 30 tot 40 km na 'n volgende vee pos ry, dan bly ons daar, maak stukkende goed reg, sweis en gaan te kere en wys die Jesus film in die aand terwyl ons Christus Leef.  
  •      Gesels met Sakkie as jy wil saam kom - is jou paspoort reg?
    BLESSINGS!!                        http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86   Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert

Xanagas@gmail.com    + 26773696737  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


Spirit am I. Holy child of God.  Free of all limits. Safe.  Healed.  Whole. Free to forgive.  Free to save the world.

Virus-free. www.avast.com

Thursday, 1 November 2018

Soos Henog ...... jou bergfiets - of net jy ...TwoBob se oog ......


"Ek walk with God" - Soos Henog wandel / lewe ek met God.  Genesis 5 : 4
God is my koning - ek verwerp Hom nie soos Israel nie.  1 Samuel 8 : 7
Ek leef NOU in Sy koninkryk - soos Jesus ons kom leer het.
Ek sien Christus in elkeen.    Kol 3 : 11
Ek is saam met Jesus gekruisig - VANDAG - Nou is ek saam met hom in die paradys.
Ek leef nie - Christus leef in my - ek en jy leef in Sy opstanding.  Gal 2 : 20
Jy en ek is EK :-).
  • Jy en jou bergfiets - of net jy - word weer genooi om vanaf 6 Desember saam deur Botswana te ry, op teer, 2 spoor, sand, Okwa vallei vanaf Kang pad tot by Nam grens en terug op noord grens van Central Game Reserve - tot 22 Desember of tot jy kan.   Help met petrol en kos.  Ons slaap by vee poste, wys Jesus film en doen wat ons hand vind om te doen.  Kontak Sakkie.fourie@gmail.com of my NOU - ons is reeds 10 +.  Ek ry die 1ste deel saam.
  • TwoBob se oog verbeter,  sy sien al 4 uit 10, die iris en pupil het vas geklou agv infeksie.
    BLESSINGS!!                        http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86   Standard Bank. Gobabis tak    082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert

Xanagas@gmail.com    + 26773696737  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


Spirit am I. Holy child of God.  Free of all limits. Safe.  Healed.  Whole. Free to forgive.  Free to save the world.

Virus-free. www.avast.com

Thursday, 18 October 2018

TwoBob .. Update.


    Dankie Vader.  Ek weet jy wou help maar....  Dis OK.   Dankie.
TwoBob en Nonnaki slaap en eet by Henda.  Sy is die enigste een wat slaap plek aangebied het.
Henda het net 1 slaap kamer, kuier en slaap ek waar?    Krugersdorp Sondag aand.....moet skadunet koop.

EN ons Wonderlike Vader het genoeg water gestuur wat kan verander in diesel en wat Hy wil gee.

Ons ry Saterdag, TwoBob se afspraak is Maandag 16h00, Dinsdag - operasie - Woensdag 14h00 Check up en dan begin ons terug ry.

O ja, Dankie Vader vir 'n data projektor - my oue was kaput.  GLORY!!

    BLESSINGS!!    
                   http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

Xanagas@gmail.com    + 26773696737  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.



Irma skryf: Daar is nog goeie mense! En …. "somebody up there likes you" , Gawie! ( Rocky Graziano Bokskampioen) Ek staan verwonderd!    He loves You and you en vir jou ook.:-)

Virus-free. www.avast.com