Wednesday, 29 October 2014

Die feit dat jy die epos lees is 'n wonderwerk. Epos is die swakste.........

    Die feit dat jy die epos lees is 'n wonderwerk.   Epos is die swakste manier om by mense uit te kom.  Mense word toegegooi met briewe.  Dis soos die junk mail in 'n posbus.   Dit word net in die asblik gegooi.

    Terwyl niemand tog die brief lees nie wil ek graag die volgende punte uit lig:
  • my bank rekening werk soos 'n rivier - dit vloei - plaaslike mense, Boesmans en Herero pastors en gewone mense wat krisisse het om te oorleef drink water uit die rivier
  • my bakkie is nou Wonderlik reg - ons het van 2 bakkies een gemaak - die ander bakkie wat vir parte gebruik is het R42,000 gekos, daarvan is R8000 al betaal - ek kan dit afbetaal teen R2000 per maand.   Nuwe parte, ligte, verf, staal, 12 volt pomp, en, ... het R35,000 gekos.   Kan jy glo - dis betaal, skuld 'n paar Rand.    DANKIE VADER.   Arbeid was LIEFDE.   Dankie Andre en Jaco.
  • Rau-Rau die Herero pastor sms gister Emergency hy is besig om huis te bou langs sy Take Away - Restaurant plekkie waaar hy en sy vrou Hedwig Vrydae aande die Jesus film wys het 1000 pula DRINGEND nodig om staal vir die dak te koop - kan ek dit saam bring asseblief - hy sal later 'n bok gee!
  • Ek en Oster is op 'n 3 dae sTs kursus (simply The story) in Gantsi.   Baie goed.   Leer baie.
  • Ontmoet vir Gladys - ook op kursus - sy was jare terug as klein dogtertjie in Xanagas laerskool waar sy in Sy Lig begin stap het en nou is sy voltyds 'n sendeling in Nxau-Nxau.  Pragtige mens.   Sal haar graag ook water wil gee.
  • Two Bob is in die pylvak van haar 2 jaar kursus - nog net 'n maand - sy kom DV New Xanagas toe.   Botswana se dam is leeg - ek trek water in Gantsi ATM en laat dit in vloei en stuur vir haar e-wallet dat sy kan eet en fotostate maak en, en....    
  • O ja, Dina se bakkie is toe geruil vir 'n 10 jaar nuwer bakkie, om die ou bakkie hier te kry het ook amper R2000 gekos.  DANKBAAR!!  
Dankie Vader - U wat vir die voëltjies en my vriend wat hierdie woorde lees sorg - sorg ook vir ons.   GLORY !!                        

Dina + 267 736 803 51                                                                             http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert   

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Tuesday, 21 October 2014

Dankbaar! Ons is by die huis in Xanagas. "Dankie ........

   Dankbaar!   Ons is by die huis in Xanagas.   "Dankie Vader dat U Perfek Voorsien het.  Two Bob se blyplek in Gaborone is betaal - sy het kos en bus geld.   Xanagas winkel is betaal.   U is ons Vader - U Weet wat ons nodig het.  U weet die bank is leeg.  U sorg.  ....."   So stap ek saam met ons Vader in Sy tuin en verlustig my in Hom.

   Toe ek in die kombuis kom lui die foon - 'n boer bel uit Maun en sê dat die Here dit op sy hart gelê het om sy nuwe bakkie vir my ou bakkie, wat op Dina se naam is te ruil.   Ek sê toe dankie maar nee dankie - my bakkie is reg "Bless iemand anders".   Toe Dina dit hoor bel sy dadelik en aanvaar die aanbod.  Dankie Vader - dis nou oorvloed!

     Dankie Vader vir die ou bakkie wat beter as nuut geword het en reg is om by die vee poste en plekkies uit te kom met die goeie nuus van ons Vader wat sorg en nuut en vry maak.  Kyk die foto's hier http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/2014/10/reg-vir-die-volgende-miljoen.html

     Groete van huis tot huis.   Ek het lekker verjaar gister, was heel dag op die pad.  Skuus vir die wat gesukkel het om te bel.

Dina + 267 736 803 51                                                                             http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert   

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Saturday, 18 October 2014

Reg vir die volgende miljoen.

Vandag was die amptelike oorhandiging van die vernuwe Hilux!

Baie, baie dankie aan Andre, Jaco en Henda wat die afgelope drie maande fisies met die vernuwing betrokke was en aan almal wat bygedra het tot die Hilux-fonds sodat dit kon gebeur.

Nou is hy reg vir die volgende miljoen kilometer.

GLORY!!

Tuesday, 14 October 2014

Kanselleer Fonteine Dal Pretoria byeenkoms Sat 18 Oktober asb.

Hiermee kanselleer ons die bring en braai en toets van bakkie by Fonteine asseblief.

    Net Sakkie het laat weet dat hulle kom.

    Ons hoef nie die bakkie te toets nie - hy is klaar getoets en sal nog baie getoets word!

    Dit gee vir Andre  en Jaco nog 'n hele dag vir daai laaste afronding.

    As jy wou kom om net in te loer - WELKOM op h/v Swemmer en 20ste laan Gezina om kunswerk te kom waardeer.

    Hier sal sout happies wees.

    Saam sê  ons DANKIE VADER VIR DIE BAKKIE en Dankie vir U BESKERMING en BEWARING en Voorsiening.

In Christus,

Groete van huis tot huis,   Gawi en Dina is ook hier.  Haar nr is 0606 156 055   Myne is 0721 580 587

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Sunday, 12 October 2014

Dankbaar!

Woorde kan nie ons dankbaarheid uitbeeld nie...
GLORY!

Amper klaar met "SAFARI"."

"SAFARI" het al 'n draai gery en die canopy is op. Enige iemand wat wil kom handjie bysit is baie welkom. Daar is nog 'n klomp klein goedjies om te doen voor my Pa-hulle vanmiddag hier aankom.

Friday, 3 October 2014

Heavenly Father - Divine Foundation and Allness of All that is.

Heavenly Father  - Divine Foundation and Allness of All that is.

I come to You with an open mind and a loving heart and

I ask You to enfold me fully in Your Consciousness and

impress within my consciousness

All that You are

as much as what I can endure in safety.

I ask this,

because I know that it is only

as I move into deeper understanding of Your Reality,

Your Consciousness,

that I will be able to express Your Truth in my daily life.

I know,

if I express Your Consciousness,

that I will choose the right things to do.

I know,

I will attract into my life,

all that I need

and to help others in need.

I know,

as You flow into my consciousness

that Your Divine Energy

will heal any conflict within and around me

and will heal any discordant or sick condition.

Like Christ,

I do not ask for material things,

because I know You are my Heavenly Father and

will fulfil them,

as soon as I can fully believe,

that Your only will,

is the Fulfilment of all my need.

Like Christ,

I believe and know that Your Divine Intention for me never wavers and

it is to establish perfection in every facet of my existence.

Therefore I give deep glowing gratitude for this contact

that is already within us -

You my Heavenly Father are also my Life force.

I am wholly one with you,

grant me daily the ever increasing realization that this is truly so.

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Thursday, 2 October 2014

...........weet dat jy daar waar jy nou is ook Vrug dra.

     Terwyl ek die afgelope naweek op my knieë in die Glory Lorry waar ek by die Herero konferensie geslaap het was - het ek die prentjie gesien van klomp verskillende bome rondom my wat heerlike ryp vrugte dra = mango's, piesangs, paw-paw ens.    Ek het my verlustig in die prentjie en weet toe dat dit nie bome was nie maar mense.     Mense wat die Vrug van die Gees dra.  Vrugte van Liefde en Vrede en Help Mekaar en, en, en weet dat jy daar waar jy nou is ook Vrug dra.

    Baie dankie ek kon R5000 al oorbetaal vir die bakkie.

    Dina gaan saam wanneer ek die bakkie gaan haal.   Ons beplan 'n amptelike oorhandiging op Saterdag 18 Oktober by die Fonteine Dal in Pretoria.   Andre wil sommer kyk of die 4x4 werk, bring joune ook en stap skoene en 'n bring en braai en drinke.   Ons mik vir 11 uur die oggend tot wanneer klaar.   Welkom om net te kom kuier en groet as jy haastig is.   Laat weet asb as jy kan kom dat ons net weet.  Onthou - bring en braai of eet wat jy wil.

    Ek verjaar mos die 20 ste - 49 gebore en bly 49.    Dit gaan die grootste geskenk wees wat ek nog ontvang het.

    Ek gaan die week van 13 - 18 elke aand op 'n ander plek slaap, daar is regtig nie parkeer plek by Henda hulle nie en ek moet op ander plekke ook wees, by jou? laat weet.

    Dankie Vader.   Hy Bless jou met Sy Vrugte !!   

Dina + 267 736 803 51                                                                             http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert   

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Sunday, 28 September 2014

Henda se brief vir nuusbrief:

Henda se briefie om in nuusbrief te plaas met die link na die fotos van 604 se 1.6miljoen diens:
  (1.06m = 1.6 m agv swak paaie!)

U kan die 1.6 miljoen kilometer diens help voltooi.

Geagte ondersteuners van my pa se werk in Botswana

Ons weet nou al vir baie lank dat my pa se Toyota Hilux nie vir ewig kan aanhou loop nie!
Die Hilux het reeds 1.6 miljoen km gery...
Daar is ernstige "wear and tear" oral sigbaar.
Sien die fotos hier

http://xanagasbotswana.blogspot.com/2014/09/u-kan-die-16-miljoen-kilometer-diens.html
Dit was net nie meer moontlik om dit te ignoreer en net te verwag dat hy vir ewig moet aanhou nie.
Ons het 'n 2de handse Hilux gekry wat se bakwerk nog in goeie kondisie is. Die groot taak om die beste van albei te gebruik en my pa se Hilux 'n nuwe lewe te gee het begin.
Ernstige meganiese herstelwerk is nodig, om nie eers te praat van die kosmetiese werk nie. Hoe verder ons uitmekaar haal, hoe duidelikker sien mens presies hoe uitgewerk elke stukkie van die bakkie is.
Daar is 'n paar dinge wat ons gehoop het nie vervang hoef te word nie, maar ons kan nie hierdie taak suksesvol afhandel deur enige kortpaaie te vat a.g.v. 'n te klein begroting nie.
Andrè is in beheer van alle meganiese werk en Jaco is in beheer van alle bakwerk en mooimaak.
Die twee manne se arbeid is gratis.
Dit is net die parte lysie wat steeds langer word en ons tyd raak min. Ons hoop steeds om klaar te wees teen 13 Oktober.

Enige hulp sal opreg waardeer word.

Kontak Gawi Joubert by xanagas@gmail.com of +26773696737
of indien u reeds sy bankbesonderhede het gebruik verwysing HILUX

Groete
Henda van Staden

http://xanagasbotswana.blogspot.com/2014/09/u-kan-die-16-miljoen-kilometer-diens.html

Dina + 267 736 803 51     
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Saturday, 27 September 2014

U kan die 1.6 miljoen kilometer diens help voltooi.

Geagte ondersteuners van Gawi Joubert se werk in Botswana

Ons weet nou al vir baie lank dat my pa se Toyota Hilux nie vir ewig kan aanhou loop nie!
Die Hilux het reeds 1.6 miljoen km gery... 

Daar is ernstige "wear and tear" oral sigbaar.

Dit was net nie meer moontlik om dit te ignoreer en net te verwag dat hy vir ewig moet aanhou nie.
Ons het 'n 2de handse Hilux gekry wat se bakwerk nog in goeie kondisie is. Die groot taak om die beste van albei te gebruik en my pa se Hilux 'n nuwe lewe te gee het begin.
Ernstige meganiese herstelwerk is nodig, om nie eers te praat van die kosmetiese werk nie. Hoe verder ons uitmekaar haal, hoe duidelikker sien mens presies hoe uitgewerk elke stukkie van die bakkie is.
Daar is 'n paar dinge wat ons gehoop het nie vervang hoef te word nie, maar ons kan nie hierdie taak suksesvol afhandel deur enige kortpaaie te vat a.g.v. 'n te klein begroting nie.
Andrè is in beheer van alle meganiese werk en Jaco is in beheer van alle bakwerk en mooimaak. 
Die twee manne se arbeid is gratis. 
Dit is net die parte lysie wat steeds langer word en ons tyd raak min. Ons hoop steeds om klaar te wees teen 13 Oktober.
 
Enige hulp sal opreg waardeer word.
 
Kontak Gawi Joubert by xanagas@gmail.com of +26773696737
of indien u reeds sy bankbesonderhede het gebruik verwysing HILUX
 
Groete
Henda van Staden 
 
Friday, 19 September 2014

Glo - nee WEET - dat ons Vader nou hier is waar jy sit en lees, .......

      Die briefie is presies 'n week terug rof geskryf terwyl ek vroeg in die oggend op my knieë saam met ons Vader deur Sy tuin gestap het en my verlustig het in sy Woorde en Teenwoordigheid:

     Glo - nee WEET - dat ons Vader nou hier is waar jy sit en lees, Hy ken jou, Hy het 'n plan met jou.    Weet dat jy enige tyd vir Hom kan vra wat om te doen.   Moet jy kies tussen reg en reg?   Tussen A of B?    Wonder jy of jy die X hoeveelheid water te laat vloei om te help om my bakkie wat amper 50 keer om die wêreld gery het te laat ombou?

    Jy kan, as jy wil, 2 stukkies papier vat en JA en NEE op elk skryf - sit dit in iets en vra jou vrou of iemand of jy self om een uit te haal NADAT jy gevra het "Vader moet ek dit of dat doen?"  (Spreuke 16:33)    Doen dit dan.    Moet nie huiwer en soos 'n wolk wees soos Jakobus sê nie.

    Terwille van die rekord en tot eer van ons Vader was daar R3  in die FNB rekening, SB 'n paar honderd en Bots FNB P55 - Don 11/9 - Dankie Vader vir dit wat ingevloei het.  

    Ek kon tot op datum R19,000 oorbetaal vir onderdele, verf en alles wat nodig is - geen arbeid - dit word in liefde en vreugde gedoen.   Ek kry die bakkie 13 Oktober - voor dit moet onder andere 'n voor diff met alles - remme, stuur koppelings, 4x4 hubs, alles vir net R5000, gekoop word.    Ons benodig nog R14,000 voor 13 Okt.    Dankie Vader vir U Voorsiening.

    Terwyl ons van geld of water (currency) praat.   Ons Vader het 'n stuk grond, 21 km van Xanagas af, waar ons einde Sept die Herero konferensie gaan hê - terloops, ek kry geen reaksie hieroor nie, weet jy hoe wonderlik dit is - Herero's vanoor Namibia en Bots kom.    Iedergeval - daar is 'n BAIE sterk water, boorgat net 36 m diep, kort net son panele en pomp.   1km x1km klaar toegespan.

    Het jy 'n plan wat ons hier kan doen?     Ons dink om dit te gebruik om dinge soos vis boerdery en hydro ponics of wat ookal te demonstreer en kampe vir kinders en jong mense aan te bied.   Ons het die groot tent wat geskeur het reg gemaak en gaan dit permanent opslaan volgende week.       Spaar so baie water.
      Dankie Vader vir Wysheid.

    Ek ry net nou Bere toe waar ons gaan begin met 'n verskuifbare son krag kamp stelsel om Boesmans en ander te help om  meer effektief met beeste te boer.   Dis 'n mond vol - kom kuier as jy meer wil hoor of vra.

     Dina en ek het omtrent 'n stryd gehad met 'n plaag van stink goggas - miljoene - in en om haar volmaan huisie - dis amper onder beheer.  Het jy raad om hulle te verjaag - wil nie gif gebruik nie.     Insek kundiges sê dis iets wat so elke 20 jaar voorkom na goeie reëns.        
                           Ons Vader BLESS jou - to be a blessing - soos Abraham.

Dina + 267 736 803 51     
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587    http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Friday, 5 September 2014

Lekker om terug in Xanagas te wees. Woensdae en Sondae aande .......

      Lekker om terug in Xanagas te wees.  Woensdae en Sondae aande se byeenkomste in die kerkie hier langs die Boesman koshuis bly vir my die belangrikste item op my agenda.    Wanneer die kinders so sing-sing terugstap dan weet ek - as ek nie nou hier was nie - het hulle nie die Woord gehoor en Sy Vreugde en Lewe ervaar nie.

    Dankie dat jy help dat ons hier kan bly en dat die wiele draai.

    Die belangrikste ding nou op die agenda is om my bakkie reg te kry.   Andre en Jaco maak van 2 een.   ALLES word uitmekaar gehaal, gespuitverf, reg gemaak, vervang indien nodig - dis 'n geweldige werk - sou ONBETAALBAAR in 'n gewone motorhawe gewees het - hulle doen dit met Liefde.   Dankie Vader dat U hulle sal vergoed.

    Dit veroorsaak dat die beskikbare water in die dam soontoe vloei.  Dankie ons is amper op datum.

    Die kos projek vir die ou mense sal eers moet wag vir meer water.   Dit geld ook vir die samekoms saal vir die konferensie einde September - ons sal 'n groot tent gebruik.

    Ons Vader weet wat ons nodig het en Voorsien op Sy tyd.

    Ek wil jou graag van Mac en sy Outreach to Africa vertel - gaan sommer saam Richtersveld toe jy sal dit baie geniet en stuur asseblief vir hulle ten minste R100 - sien die aanhangsel.         

                                                        BLESSINGS!!

Dina + 267 736 803 51     
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587    http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Wednesday, 27 August 2014

Sirkel is voltooi. Veilig in Pta via Kaapstad. Dankie Vader. Die koppelaar.........

      Sirkel is voltooi. Veilig in Pta via Kaapstad.   Dankie Vader.  Die koppelaar wat gebreek het kon nie op 'n beter plek gebeur het nie.  Maandag oggend voor 10 was hy beter as nuut herstel.  Dankie vir die wonderlike gasvryheid en versorging op die hele reis ondervind.

    Ons Leef en ry en slaap en is in ons Vader en Hy is in jou en my.  Ons beleef dit net meer en werkliker as ons Hom en Sy Realiteit in alles sien en dank.   
Ons is wat ons dink.....

      Jy onthou mos dat ek 'n "lift" terug gesoek het omdat ek die bakkie by Andre los sodat hy uit 2 een bakkie kan bou om die volgende miljoen te kan ingaan.   Dit bly vir my Wonderlik dat uit al die eposse NET EEN gereageer het, met plek op sy bakkie vir die skadunet en my vraggie.   Dit wys net weer dat dit ons Vader is Wie voorsien en nie mense plannetjies nie.  Dankie Stefan.

        Dankie Vader vir die nodige water wat kan verander in parte en wat nodig is vir die werk.  Ons het R42,000 begroot waarvan R12,000 ingestroom het.     Dankie Vader.
    
                                                        BLESSINGS!!

Dina + 267 736 803 51      

Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587    http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Monday, 18 August 2014

GLORY !! Presies - voor die hek - by my slaap plek - breek my bakkie in........

    GLORY !!   Presies - voor die hek - by my slaap plek - breek my bakkie in die Dal van Vrede.   Ek kon hom nie in rat kry nie, skakel enjin af, forseer hom in en kruip die laaste paar meter om te parkeer tot Maandag dat daar gewerk kan word.

    Is dit nie Wonderlik nie.    Ons Vader se Beskerming.    Menslik gesproke kon dit mos nou enige plek op die 1600 km rit gebeur het.  DANKIE Vader.

    Dankie Vader ook vir U Wonderlike Voorsiening vir die nodige parte en hande om die bakkie weer in perfekte toestand te kry.

     Ons het toe verlede Sondag 11 nuwe lidmate bevestig in New Xanagas, 10 is gedoop, een vroutjie.   Een van hulle, Zuma - moet nie verwar met die ander ene  :-)  - is deur my as baba gedoop.   Dankbaar.

     Groete van huis tot huis.
        
                                                        BLESSINGS!!

Dina + 267 736 803 51      

Gawi sel:         0721 580 587                 http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.

Thursday, 7 August 2014

.......was dit wonderlik toe die kaptein van die voetbal span Sondag vorentoe kom.......

       Jy weet dat dit nie eintlik vir my om die kerk gaan nie - dit gaan om die Koninkryk.   Ons is egter in die wêreld en in 'n struktuur en in die Reformed Church in Botswana.  Daarom was dit wonderlik toe die kaptein van die voetbal span Sondag vorentoe kom en sy naam op 'n lys skryf om gekatkiseer en gedoop te word.   Dit was die vonk wat 6 ander jong manne ook aangevuur het.    GLORY!! en Dankbaar.  

        Ons vertrou ons Vader vir 'n jong skerp kerkraad span en ander spanne wat ons Action Life / Light Teams noem.  Elkeen in die kerk moet iewers betrokke wees.

        Dankbaar dat ons met die kos kook program begin het.   Die logistieke is nie so eenvoudig nie - daar is party dae nie kos om te kook nie.    Martin help met die aflewering van die kos as ek nie daar is nie.

       Ek gaan mos my bakkie in Pretoria los vir sy wedergeboorte daar by Andre en Jaco my kleinseun wat groter as sy pa is en al sy meganiese genialiteit geërf het.   Ek wou met 'n bus terug kom maar het Wysheid gekry om ons Vader te vertrou vir vervoer terug.

       Ek reis nie lig nie.  Deel van my inkopie lys is off-cut skadunet en swart plastiek vir die vergadersaal op die kampterrein.  Die pale en kappe is reg en genoeg.

            Dankie Vader vir iemand wat einde Augustus - begin September Xanagas toe wil kom en net die vrag af te laai en / of vir 'n dag of 2 saam te werk.  Laat weet as dit jy is wat moet help.

        Vergeef en vergeet - as jy vergeef het en nie vergeet het nie - het jy nie vergeef nie!