Die Kgosi (Hoofman) en Christene van New Xanagas wil 'n nuwe baksteen kerk op 'n sentrale erf bou - wat nie verbind is aan enige kerk denominasie nie.
- hulle wil weet of ek die visie / gedagte / voorstel steun?
- nie - amptelik - ek bly pastor van The Reformed Church in Botswana is my antwoord - JA. Omdat:
- dit in lyn is met die boodskap van die Koninkryk van God en Christus the Hope of Glory. Dis basies my boodskap deur die jare.
- trouens - dis 'n deurbraak waarvoor ek sedert 1988 wag - ek het net nie geweet hoe dit gaan lyk as dit kom nie.
- die huidige skadunet kerk het seker sy doel gedien - sal nog funksioneer.
- die sentrale erf maak dit meer binne die bereik van al die mense - onthou hulle loop kerk toe.
- 'n familie, met sterk leiers, wat baie jaloesie veroorsaak, sal nie so prominent in die nuwe kerk wees nie.
- sommige skaam hulle seker vir 'n skadunet kerk?
- die voorstel is om 'n nuwe kerkraad te kies vir die nuwe kerk sonder naam - Village Church, House of Truth of wat ook al.
- hulle wil hĂȘ dat enige mens van enige kerk welkom moet wees.
- dis in lyn met die Herero Konferensies wat ons einde Sept elke jaar hou en waarnatoe mense vanuit Namibia en Botswana kom.
- daar is 10 plus manne en vroue in New Xanagas wat die Woord kan bedien.
- die plan is ook om Bybel studie kursusse in die week aan te bied.
- net die gedagte dat die die Boesmans en gemeenskap van New Xanagas hulle eie kerk wil bou en laat groei maak my opgewonde.
- die druk is van my as sendeling af om dit te "laat werk" - die bal is in hul hande. Hulle aanvaar eienaarskap.
- die tyd sal leer wat God se plan met die kerk is. "Vader - laat U Wil geskied."
- Martin is terug. Ons werk goed saam. Wil vir die mense wys wat is samewerking en om saam in Christus te groei.
- indien jy water wil laat vloei om te help met die bou - merk dit asseblief NUWE KERK.
- die wonderlike ding is dat ek nou vir omtrent 90 dae afwesig gaan wees in New Xanagas - pas Dina op, kook, nurse, bed pan, huis aan die kant hou, tuin, kat kos gee en alles. Manne - waardeer jul vroue. Die werk is nie hard nie - net onophoudelik. Ek leer baie. Dina loop stadig met krukke, geen pyn as sy nie verkeerd beweeg nie, ek is rug en been masseur ook. Gaan goed - DANKIE Vader.
Baie BLESSINGS vir jou en my - in Christus.
Dina + 267 736 803 51 http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Dina + 267 736 803 51 http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587
FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86 GS Joubert
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488 GS Joubert.
FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86 GS Joubert
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488 GS Joubert.
| | This email has been checked for viruses by Avast antivirus software. |