Thursday, 22 August 2019

Blyplek in PTA terwyl iemand in hospitaal is vir net R100 per dag per gesin vir bed en stort......



Hi Vriende van Gawi,
Ek vra vir jou hulp asb vandag. Dis Danie wat laas vir jou vrou Dina en seun Gideon gaan kuier het en gebid het. Jy ken my bediening , maar ek wil dit graag vir jou skryf en vra groot asb om dit aan te stuur na jou vriende wie belang sou stel om in my bediening in te saai. My behoeftes is dringend nou. Dankie!

Ek bedien baie in hospitale en ouetehuise, bid ondersteun en gee liefde.
Ek het toe n nood of behoefte raak gesien by hospitale in Pretoria. Alle hospitale in Pretoria maar veral staats hospitale en dan baie spesifiek Steve Biko hospitaal. 
Mense van dorpe ver van Pretoria af kom na hospitale toe in Pretoria vir operasies, behandeling, fisio, kanker, diabetes, amputasies ens.Die pasient is dan in die hospitaal maar die vriende of familie met nie die nodige fondse om in hotelle of gastehuise te bly nie, slaap in hul karre. Ek het ook mense gehad van ver af wat hotelle kan bekostig en of kan bekostig om op en af te ry maar die verkeer en taxis ens is te veel vir hulle. 
Toe het ek begin uitroep na ons Hemelse Vader toe vir n plek met kamers vir daai vriende/familie lede om in te bly terwyl die geliefde in die hospitaal is. En ons Wonderlike God en Vader het toe geantwoord. Ek bly nou alleen in n 6 slaap kamer huis met 3 kamers tot beskikking vir mense. 
Ek vra nie baie nie, eintlik net R100 per dag per gesin, vir krag ens. Dit is n B & B. Nie bed en breakfast nie net bed en bad. Dit is definitief nie vir geld maak nie maar vir mense in nood. Hier is ook in my huis n Bidkamer of Binnekamer, my kantoor en slaap kamer. Die R100 sluit darem koffie in ha-ha maar vir kos moet hulself sorg en as hulle kos maak darem vir my ook asb:-)
Onse Vader se plan met die Kamers het toe meer in gesluit as wat ek verwag het of beplan het. Sending werkers, dominees en pastore en so het ook al hier oor geslaap maar die beste ook is dat mense my kan kom sien vir berading en as hulle van ver af kom, book hulle sommer in oor n naweek vir berading . Jy kan nie met iemand werk met berading of so en hulle moet heeltyd die tyd dop hou om terug te gaan huis toe nie. Nou werk ons intensief en hulle kan n breek vat, kos maak of tv kyk en dan gaan ons aan of oor slaap en more begin ons weer.
My behoeftes is linne, gordyne, matrasse, eetgerei, potte, panne ens en dan meer spesifiek fondse vir krag. Ek het pre-paid krag hier so.
Huidiglik het ek n man hier van Hazyview. Sy seun lê in n diabetiese kliniek, hy is 4 keer deur n slang of slange gepik en n koma of half uit maar kommunikeer glad nie. Die arme Pa se mediese rekening is astronomies hoog en kan huidiglik nie n sent gee vir sy verblyf hier nie. 
My fondse loop nou vinnig uit en ek het finansiele hulp dringend nodig. 
Die man moet kan eet en bad ens en ook na sy seun toe gaan
As daar mense is wat wil bydra sal ek dit baie hoog waardeer. Besef ook jy saai in God se koningkryk in.
My bank info is 
1) Jesus Kamers
    Capitec Bank
    Kode; 470010
   Spaar rekening nommer; 1369374222

as jy wil saai in Kamers in of as jy wil saai in ouetehuis of hospitaal bediening asb
2) Joshua Bediening
    Capitec Bank
    Kode; 470010
   Spaar Rekening; 1339707029

of in 
3)  D.J Joubert
     ABSA Bank
    kode; 632005
   Spaar rekening; 9212084423

Baie dankie
Danie Joubert
0732350889
ps; gee asb u naam of sel nommer as verwysing of dan Kamers of Hosptale of Ouetehuise
Begwa Huis
Kameeldrift West  Die huis is op die Van Der Hoff pad uit op pad Hartebeespoort Dam toe, naby Mahem Bel Danie by 0732350889   DANKIE!!
1 Corinthians 12
Jeremiah 29;11

Virus-free. www.avast.com

Wednesday, 24 July 2019

.... word 70 die jaar!,,...'n bring en braai reël...... Sat 12 Oktober .....H F Verwoerd Hoër.... lapa....



Kan jy glo?   Dina en ek word 70 die jaar!

Henda en Richard wil graag vir ons 'n bring en braai reël

Wanneer:   Saterdag 12 Oktober 2019 
Waar:          Hendrik Verwoerd Hoërskool se lapa
Adres:         Pierneef straat, Villieria, Pretoria.
Tyd:              Van 12:00 af, gaan so 14:00 braai
Wat om saam te bring:    Vleis en drinkgoed
RSVP:           Henda 0828726333 (net vir bykos beplanning) 

Dit gaan nie net oor die verjaarsdae nie.  Ons is 50 jaar saam / verloof, getroud Nov 1970.

Ons is amper 33 jaar hier by Xanagas, amper die helfde van ons lewe :-) en geniet dit nog.

Ons maak sommer net 'n lekker kuier, het mekaar lanklaas gesien, gesels net per internet.

Kom asseblief.   As jy nie vleis het nie - kom, ek bring 'n skaap, Henda sal bykosse maak.

Virus-free. www.avast.com

Tuesday, 4 June 2019

.... ek was stil.... Dina se pre-school kindertjies.......· Henda is besig om vrywillig te sekwestreer..... en verloof .... wiele???.....



 

  • · Ja, ek was stil.  Het lank laas 'n briefie gestuur.  God was nie stil nie.   God is.  En leer ons elke dag.   Dankbaar Vader.  U sorg.
  • · Jolanda, een van Dina se pre-school kindertjies, wat Engels in Sjina geteach het, het nou die aand vir Dina in die kerk getolk.   Was iets besonders.   GLORY !!
  • Dina was baie verbaas toe een van die 7 moeders wat in die koshuise slaap en kinders help met huiswerk, ens. vir Dina sê:  "I know you, I was 30 years ago in your gym."  Dis lekker om die volwassenes te ontmoet wat hier as kind op die verslete hout plankies geluister het na Sy Woord en nog steeds in die Lig Leef.  DANKBAAR.
  • · Ons kry ons een bladsy testament gereed.......:-) 

 

  • · Henda is besig om vrywillig te sekwestreer.  Die Hoëgeregshofsake agv skeisaak het haar in 'n benarde Fin posisie geplaas.   Sy is genadiglik nie meer verantwoordelik vir die huis se paaiement nie, huur nou 'n plekkie.
  • · 'n Gevolg is dat sy haar nuwe Honda gaan verloor - word terug geneem. 

· Nou vra ons of daar nie iewers 'n voertuigie staan wat nie werk het nie, wat Henda  vir 'n tyd en 'n tyd en 'n halwe tyd kan leen nie.

· Sy is gewillig om dit te verseker en so R1000 pm te betaal vir die voorreg om dit te gebruik -  gesels met Henda by    hendajoubert2@gmail.com   

  • · Goeie nuus is dat Henda en Richard verloof is.   Jy wonder of Richard nie 4 wiele het nie, nee net 2, hy hou nie van karre nie, hy vlieg waar hy moet wees :-).   Indien jy 'n sport span oorsee wil neem, gesels met hom. 

  BLESSINGS!!       WhatsUp   +27721580587     As jy wil.                           
                      http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html
FNB Lynnwood tak   252045  rek nr:  620 318 253 86    Standard Bank. Gobabis tak   082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 26773696737  of  WhatsUp 0721 580 587   Gawi   Gabriel.


As God Sy asem ophou - sterf alle lewe.  Job 34 : 15


Virus-free. www.avast.com

Wednesday, 27 March 2019

New Xanagas - lees Boesmans - is besig om uit te reik na ....Dina kom .... Henda het herstel...Die projek.



  • So stil-stil is hier besig om iets baie Wonderliks te gebeur.  New Xanagas - lees Boesmans - is besig om uit te reik na Xanagas Laerskool Koshuis. (Dis nou waar ons bly.)  Vanaand is die 2de keer dat 'n span van New Xanagas ons besoek.    Wat dit nog meer besonders maak is dat Adah, 'n Herero vroutjie ook saam kom.   Die kinders geniet dit geweldig, hulle hoor die evangelie in hul eie taal en leer nuwe liedjies en dis sommer net 'n fees.   Toe hulle hoor dat die span kom het hulle sommer die kerk begin skoon maak - 30 jaar se spinnerakke is verwyder - nogal simbolies - indien jy die laaste puntjie verstaan.:-)   TwoBob het 'n 2de handse Hilux bakkie gekoop met 'n kappie. Dankie dat jy water na my toe laat vloei - dat dit verander in petrol en kos vir die span.  GLORY !!
  • Dina kom Woensdag terug.  Henda het genoeg herstel. Dankie Vader.
  • Sommige van julle het nie die link gekry om die langste Boesman in die wêreld te sien oefen nie:-): https://www.youtube.com/watch?v=NlaMRLjXx7E
  • 'n Snaakse ding is besig om te gebeur - ek word jonger - seker om die laaste punt te implementeer.
  • Ek het 30 jaar gewonder hoe die boodskap gaan klink - dit klink so: "Die projek gaan begin - 1ste in JHB, dan in Gaborone en dan in Xanagas. GLORY!!"        WhatsUp   +27721580587     As jy wil.                           
BLESSINGS!!                        http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html
FNB Lynnwood tak   252045  rek nr:  620 318 253 86    Standard Bank. Gobabis tak   082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 26773696737  of  WhatsUp 0721 580 587   Gawi   Gabriel.


As God Sy asem ophou - sterf alle lewe.  Job 34 : 15

Virus-free. www.avast.com

Saturday, 2 March 2019

Experience with.....people of Xanagas Boarding School, Kalahari desert, Botswana .....


If you wish, you may send this to your English friends :-)

Experience with me and the people of Xanagas Boarding School, Kalahari desert, Botswana - Wednesday evening's word from God:
Gen 28: 10-22  Jacob, (me and you)  tired, alone, while he is sleeping with a rock as pillow, he sees angels going up and down on a ladder and "I AM the Lord" ... when he woke up.... he said: "surely, God is in this place and I didn't know it"....he calls it Bethel house of God.
1 Kor 3: 9 en 16 "...you are God's temple and God's Spirit lives in you."   Yes, you are now in His temple....
2 Kor 1: 18-22 All God's promises are YES in Christ.   And so through him the "AMEN" is spoken by us to the glory of God.    Then we prayed together in the presence of God and angels in His beautiful temple and in the Light of healing and rain and whatever we need  ..... Amen.       I trust God to make a painting of what i saw:-)
  • Dina, my wife was very tired and aching when i left the house to go to church, when i came back, she was healed
  • Thank you Father for a church full of children and even adults that You called to hear Your word.
  • Thank You Father for what you are doing NOW for my brother wherever he is reading these words in Your temple.
  • Thank You Father - my daughter Henda moved into another house.
  • Thank You Father, i don't understand it, but i am getting younger - was born in 1949 and stays 49 :-)
  • Thank You Father for support for Bandu who is busy studying to become a preschool teacher, her Whatsup +26773105412
  • Thank You Father for your Wonderful support for the ministry.
  • Thank You Father for open doors in the schools

BLESSINGS!!                        http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045  rek nr:  620 318 253 86    or PayPal     Xanagas@gmail.com  
+ 26773696737  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


"For no matter how many promises God has made, (365 - one for every day) they are all 'YES' in Christ." 2 Cor 1 :20

Virus-free. www.avast.com

Thursday, 28 February 2019

Xanagas se mense....... Al God se beloftes is JA in Christus. Henda trek.....


Beleef saam met my en Xanagas se mense gisteraand se Woord:
Gen 28: 10-22  Jakob, (jy en ek) moeg geloop, alleen, slaap met 'n klip as kussing, hy sien engele en "I AM the Lord"... wakker.... "sekerlik, God is in die plek en ek het dit nie geweet nie"....noem dit Bethel huis van God.
1 Kor 3: 9 en 16 "Weet jy nie dat jy God se tempel is nie? ... en God se Gees woon in jou."
2 Kor 18-22 Al God se beloftes is JA in Christus.   And so through him the "AMEN" is spoken by us to the glory of God.    Ons bid saam in die presence of God and angels in Sy pragtige tempel en lig van genesing en reën en  ..... Amen.       Ek moet dit wat ek gesien het skilder - dis te groot woord - verf - jy sal dit sien :-)
  • Dina was totaal moeg en lyfseer toe ek uit huis stap kerk toe, toe ek terug kom was sy 'n nuwe mens...
  • Dankie Vader vir die vol kerk EN volwasse mans en vroue wie U gisteraand geroep het om U Woord te hoor.
  • Dankie Vader vir dit wat U NOU by my broer en suster doen wat hier lees.
  • Dankie Vader, Henda trek in 'n stil pypsteel erf huisie in, sy kry 'n histerektomie op 12 Maart, Dina gaan help.
  • Dankie Vader, ek verstaan dit nie - maar ek word jonger....sweef soos 'n arend ... JA in Christus......
  • Dankie Vader vir support vir Bandu Whatsup +26773105412 English:-) wat studeer vir kleuterskool onderwyseres.
  • Dankie vir agterstallige polis water wat nou ingevloei het - sms het gekom terwyl die briefie getik is.
  • Dankie vir oop deure in die skole.

BLESSINGS!!                        http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

FNB Lynnwood tak   252045  rek nr:  620 318 253 86     Standard Bank. Gobabis tak   082072    Rek nr    143 356 488     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 26773696737  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


"For no matter how many promises God has made, (365 - one for every day) they are all 'YES' in Christ." 2 Cor 1 :20

Virus-free. www.avast.com