Wednesday, 27 August 2014

Sirkel is voltooi. Veilig in Pta via Kaapstad. Dankie Vader. Die koppelaar.........



      Sirkel is voltooi. Veilig in Pta via Kaapstad.   Dankie Vader.  Die koppelaar wat gebreek het kon nie op 'n beter plek gebeur het nie.  Maandag oggend voor 10 was hy beter as nuut herstel.  Dankie vir die wonderlike gasvryheid en versorging op die hele reis ondervind.

    Ons Leef en ry en slaap en is in ons Vader en Hy is in jou en my.  Ons beleef dit net meer en werkliker as ons Hom en Sy Realiteit in alles sien en dank.   
Ons is wat ons dink.....

      Jy onthou mos dat ek 'n "lift" terug gesoek het omdat ek die bakkie by Andre los sodat hy uit 2 een bakkie kan bou om die volgende miljoen te kan ingaan.   Dit bly vir my Wonderlik dat uit al die eposse NET EEN gereageer het, met plek op sy bakkie vir die skadunet en my vraggie.   Dit wys net weer dat dit ons Vader is Wie voorsien en nie mense plannetjies nie.  Dankie Stefan.

        Dankie Vader vir die nodige water wat kan verander in parte en wat nodig is vir die werk.  Ons het R42,000 begroot waarvan R12,000 ingestroom het.     Dankie Vader.
    

                                                        BLESSINGS!!

Dina + 267 736 803 51      

Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587    http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.














This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.


Monday, 18 August 2014

GLORY !! Presies - voor die hek - by my slaap plek - breek my bakkie in........


    GLORY !!   Presies - voor die hek - by my slaap plek - breek my bakkie in die Dal van Vrede.   Ek kon hom nie in rat kry nie, skakel enjin af, forseer hom in en kruip die laaste paar meter om te parkeer tot Maandag dat daar gewerk kan word.

    Is dit nie Wonderlik nie.    Ons Vader se Beskerming.    Menslik gesproke kon dit mos nou enige plek op die 1600 km rit gebeur het.  DANKIE Vader.

    Dankie Vader ook vir U Wonderlike Voorsiening vir die nodige parte en hande om die bakkie weer in perfekte toestand te kry.

     Ons het toe verlede Sondag 11 nuwe lidmate bevestig in New Xanagas, 10 is gedoop, een vroutjie.   Een van hulle, Zuma - moet nie verwar met die ander ene  :-)  - is deur my as baba gedoop.   Dankbaar.

     Groete van huis tot huis.
        
                                                        BLESSINGS!!

Dina + 267 736 803 51      

Gawi sel:         0721 580 587                 http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.










This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.


Thursday, 7 August 2014

.......was dit wonderlik toe die kaptein van die voetbal span Sondag vorentoe kom.......

       Jy weet dat dit nie eintlik vir my om die kerk gaan nie - dit gaan om die Koninkryk.   Ons is egter in die wêreld en in 'n struktuur en in die Reformed Church in Botswana.  Daarom was dit wonderlik toe die kaptein van die voetbal span Sondag vorentoe kom en sy naam op 'n lys skryf om gekatkiseer en gedoop te word.   Dit was die vonk wat 6 ander jong manne ook aangevuur het.    GLORY!! en Dankbaar.  

        Ons vertrou ons Vader vir 'n jong skerp kerkraad span en ander spanne wat ons Action Life / Light Teams noem.  Elkeen in die kerk moet iewers betrokke wees.

        Dankbaar dat ons met die kos kook program begin het.   Die logistieke is nie so eenvoudig nie - daar is party dae nie kos om te kook nie.    Martin help met die aflewering van die kos as ek nie daar is nie.

       Ek gaan mos my bakkie in Pretoria los vir sy wedergeboorte daar by Andre en Jaco my kleinseun wat groter as sy pa is en al sy meganiese genialiteit geërf het.   Ek wou met 'n bus terug kom maar het Wysheid gekry om ons Vader te vertrou vir vervoer terug.

       Ek reis nie lig nie.  Deel van my inkopie lys is off-cut skadunet en swart plastiek vir die vergadersaal op die kampterrein.  Die pale en kappe is reg en genoeg.

            Dankie Vader vir iemand wat einde Augustus - begin September Xanagas toe wil kom en net die vrag af te laai en / of vir 'n dag of 2 saam te werk.  Laat weet as dit jy is wat moet help.

        Vergeef en vergeet - as jy vergeef het en nie vergeet het nie - het jy nie vergeef nie!
                             
                                                BLESSINGS!!

Dina + 267 736 803 51      

Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587                 http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.








This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.


Saturday, 2 August 2014

Friday, 1 August 2014

Terwyl Boetiki bid en haar bless, vat-vat die klein blinde vroutjie se vingertjies........

Terwyl Boetiki bid en haar bless, vat-vat die klein blinde vroutjie se vingertjies aan die stampmielies, boontjies en dik groente sop.    Sy vra met 'n helder opgewonde klik-klak stem: "Hoekom bring julle vir my kos?"  Boetiki kon toe vir haar vertel van ons Vader en Christus se groot liefde vir haar en ons.

Dis die moeite werd.  Dankie Vader.  Ons laai die kos in 2 groot bakke en ry van haglike huis na volgende een, jong mense skep die kos uit en vat dit vir die mensies.  Ek is dankbaar vir elkeen wat betrokke is.  Dis nie altyd dieselfde span wat help nie    Van hulle is self verbaas oor wat gebeur tussen hulle.   Dis mos lekkerder om te gee as om te ontvang.

My toer door Afrika via Kaapstad begin 13 Aug. Windhoek, Springbok, Vanrhynsdorp, Vredendal, Lambertsbaai, Langebaan, Kaapstad, Gordonsbaai, Stilbaai, Mosselbaai, George, Knysna, Kareedouw, Uitenhage en ???

Hoor en glo die goeie nuus.  Ons Vader is in Sy Volheid daar by, in, rondom jou.   Glo dit.  Ervaar dit NOU.              

Gideon het vir Xanagas 'n blog geskep - kyk onder.

                                          BLESSINGS!!

> Dina + 267 736 803 51       http://xanagas-com1.webs.com/apps/photos/  
>
> Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587

http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/

>
> FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert
>
> Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

Tuesday, 29 July 2014

Op pad Pretoria toe deur Kaapstad.

 
Andre wat die Glory Lorry oorgebou het met fondse wat ons Vader deur Ds Chris Visser se inisiatief voorsien het - het laat weet dat dit nou die 1 miljoen plus Hilux bakkie se beurt is.  Die Glory Lorry se koste het R140,000 uitgewerk - ons budget R40,000 om die bakkie nog 'n miljoen te laat doen.   Dankie Vader vir dit wat nodig is - U weet alles - U Versorging is Perfek.

    Die interessante deel is dat ek nie die kortste pad Pta toe gaan ry nie.    Die plan is om middel Augustus te begin, Kapps Farm, Windhoek, Pella om dadels te koop, Neels Upington, Carel Springbok, Frik van Rhynsdorp, Vredendal span, Paulette Kaapstad, my ma in George, Tannie Sophia Knysna en dan wag ek nog op Wysheid en Leiding.  Indien jy 'n koffie saam wil drink of dat ek by jou sel groepie gesels - laat weet.  Ek slaap sommer in die bakkie - so moet nie worry - soos die Engelsman sȇ nie.

    Dit gaan Wonderlik goed met die kokery.   Ons het toe Sondag begin.   Ons Vader voorsien.  Kos kos duurder as wat ek gedink het - Hy weet alles.    "Laat U Koninkryk kom en mense wat U nie ken en sien nie - vir U deur ons as vensters sal sien."

    'n Vroutjie, wat die nuusbrief kry, vra nou die dag "Hoe kan ek help?"  Sy was verbaas om te verneem dat as  jy Rande laat instroom in die dammetjies hier onder genoem - dat Pulas anderkant uit stroom!    11 met 1 of meer nulle!  Nie 10 met 1 nul nie - want dan kry ek nie 'n sms om Dankie te sȇ nie!   :-)      Dankie vir jou stroompie en dat jy bid.

BLESSINGS!!

 
Dina +26773680351      
Gawi sel: +26771369857 of + 26773696737 of SA sms +27721580587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.