Saturday, 7 October 2017

Briefie van Dina.


    Hi Almal,  29 September - nou al 7 Oktober - Skryf al 'n paar dae die briefie in my kop - dalk raak dit 'n brief - al is die lyf MOEG!  Kla nie. Sê maar net.
Gister 18h00 by die huis gekom - na 2 maande in RSA.   Wonderlike MOEILIKE tyd - MAAR ek wil sing: "Nader my God by U nog nader by."   Die Halleluja lied !!!    WANT: Die pad na die Ewige lewe is nie baie bekend nie.  Jy loop dit, "One step at a time."   Gaan my bes probeer om 'n laaaang storie kort te maak.   Skrywers is lang asem krieke.   Gaan regtig min sê soos in "Less is more!"
    Kom ek noem net 'n paar vertroostende insidente :
  • 29 Aug het ons 'n "party" by Lucit Restaurant - 217 Soutpansberg weg gehou - om dankie te sê aan almal wat toe al reeds gehelp het.  Dit was Gidi se 45 ste verjaarsdag ook.
  • Gidi of Gideon - ons het hom nie sy oupa se volle naam Gideon Jakobus gegee nie - maar die Jakobus naam het baie invloed op sy handel en wandel gehad.   Sal nog 'n boek daaroor skryf - soos my boek Onlogiese Liefde.
  • Gidi se laaste lekker gedoente was toe hy, ek, Jopie en Kobus Joubert - die dag se taxi man - by 'n tee tuin was.   Hy't met sy laaste geldjies 'n beursie, matjies vir glase en vir my 'n boekie vir ONTHOU! agendas gekoop - geweet ma se koppie klap onder stres.
  • Daarna het hy vinnig "hemel" toe beweeg.  Die 3 dae in Tshwane Hospitaal was noodsaaklik vir mediese versorging.
  • Ek was van 11h00 tot 16h00 by sy bed.    Woensdag 15 Sept. was die wonderlikste dag in my 68 lewens jare!
  • Sy neef Conrad sou kom kuier.  Gidi het dit gesnap en gewag...
  • O ja!   Ds. Pedri Coetzee se gebed op Dinsdag was kosbaar vir hom en my.  God se Liefde het ons toe gevou.
  • Omdat ek 'n "Course in Miracles" student is - kon ek in sy laaste uur kosbare meditasies oor en oor hardop vir hom sê.  Soms het hy sy oë oop gemaak of my hand gedruk. 
  • Toe Conrad en Anchia 15h00 op daag en ek sê:  "Gidi, Conrad is hier." Het hy sy oë oop gemaak en sy laaste asem geluidloos uit geblaas asof hy vir hom gewag het.  Conrad was pas terug van Malawi af en wou Gideon baie graag sien.
  • Gawi het al vertel van hoe Gidi hom kom groet het in Gantsi.
  • Dit was vir my 'n wonderlike voorreg om Gidi se ma te kon wees.  Hy was nie net my kind nie maar my wonderlike COMPANION.  Nie dat Henda minder was nie.  Sy's die slim kop, nugter, bekwame dogter en sussie.  Voete plat op moeder aarde.
  • Namens haar en Gawi sê ek weer " So baie dankie vir elkeen se gebede, laaste wonderlike besoeke en ruim donasies om Gidi se verassing en ER Ambulans rekening te kon betaal.      Ons en 45 gaste het vir hom 'n wonderlike lof fees in Pierneef teater gehou.   Sy as sal in my labyrith by Xanagas gestrooi word om almal wat hom so lief gehad het vanaf 1988 geleentheid te gee om totsiens te sê.  God Bless u.  Dina.
Mooi bly en baie BLESSINGS!!       Dina in Xanagas - sy gebruik my sim kaart   + 267 713 698 57         http://xanagasbotswana.blogspot.co.za/p/blog-page_17.html

Dina se Standard Bank  DC Joubert Gezina tak kode 051001  rek nr 10083816990

     FNB Lynnwood tak   252045     rek nr:    620 318 253 86     GS Joubert
Xanagas@gmail.com    + 26773696737  of  0721 580 587   Gawi   Gabriel.


​GOD IS.   Indien jy enige iets na hierdie . skryf of dink - na GOD IS.  Is dit moontlik om 'n afgod daar van te maak.





Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.