Friday, 1 September 2017

Briefie van Henda en Dina en Gideon...


 


Liewe vriende en familie

Graag wil ons net dankie sĂȘ vir almal se bydraes tot my ma en broer se verblyf koste! Dit word opreg waardeer. 

Hulle het laas naweek ingetrek en ons kon die huur vir September betaal.  Dit is werklik 'n wonderwerk wat nie moontlik was sonder almal se ondersteuning nie.

Ons kon ook basiese en mediese benodigdhede aankoop wat vir ten minste nog 'n week voldoende sal wees.  Ons glo en vertrou dat die res van die maand se uitgawes gedek sal word en ook vir volgende maand se huur. 

My broer se gestel is nog nie sterk genoeg vir die chemo behandeling nie.  Hy neem medikasie en aanvullings en moet 20 September weer teruggaan hospitaal toe vir verdere toetse. Ons hoop dat die behandeling dan kan voortgaan.

My ma se sel en bank nommer is 076 034 6286  en Standard Bank. DC Joubert tak kode 051001 rek nr 10083816990 indien u dit dalk nog nie het nie.  

Groete

Henda van Staden

(namens die Joubert gesin)



Virus-free. www.avast.com

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.