Thursday, 11 June 2015

Ek vra toe vir ons Vader hoekom ek so upset word deur dronk mense? Vanoggend ........


     Dronk mense ontstel my geweldig.   Ek is seker vir jou ook.  Ek weet nie hoekom nie.   Die man wat die water aangewys het - het absoluut 'n gawe van God.   Maar hy het ook 'n drank probleem, hy was gister nou weer lekker getrek in Gantsi, luidrugtig, preek vir almal, aggressief - totaal anders as wie HY IS.  Ek kom nou nou weer terug na hom.   Hy verwag dat ons STERK water van 120 meter diep kan tref.  Die boor is nou op 120 m.  Ek sit hier langs die Glory Lorry in die Glory bakkie en tik.  Internet sein te swak om te stuur.  Sal dit later doen as ek by die huis is.   Dan weet ons ook wanneer die water gekom het.  Dag later - geen water op 150m - en pomp breek op boor - kan nie verder boor - ek vat more pomp Pta toe om herstel te word - ek moet bande vir my bakkie kry in Lichtenburg - Dankie Vader EN 'n tweedehandse sink dam met voering - Dankie Vader - dan los ek bakkie in Gaborone en vat Tata 4x4 om 3500m  plastiek tou net elektriese omheining in Serowe op te laai.   Budget 80,000 Pula, waarvoor nog niks ingevloei het nie.  Ons kan dit later betaal.   Dankie Vader vir diesel en petrol en energie en wysheid.    Hulle gaan 30 m verder boor - gratis - as boor deur graniet breek is daar baie water.  Dankie Vader vir water.

   
Terug by dronkie.  Ek vra toe vir ons Vader hoekom ek so upset word deur dronk mense?  Vanoggend vroeg kry ek toe die antwoord.    Ons, jy en ek, IS die tempel van God.   Jesus was ontsteld toe die ho√ępriesters en skrif geleerdes die tempel misbruik en besoedel - want dit IS 'n huis van gebed.   Daarom het Hy hulle uitgejaag en die tafels omgekeer.   Christus IS ALLES en in ALMAL.  Kol 3 vers 11.   Ook die dronkie.   Hulle moet dit hoor en daadwerklik in Hom Leef.   Nou verstaan ek.  Die Onveranderlike Gees van Jesus Christus is nog steeds in my en jou en Hy word nog steeds ontsteld en wil net die tempel in my en jou en die dronkie reinig.   Hoe gebeur dit?  Net die Gees van Christus, Wie waai waar Hy wil kan en sal dit op Sy tyd en manier doen.   Jy en ek moet net geduldig en in Vrede en Vreugde Christus in almal sien en so behandel.  Skuus vir die lang preek.

    As jy nou nog lees?!   Ons bid vir Wysheid of ons 'n permanente skadunet tent kerk in Charles Hill moet bou?     Daar is 'n ywerige pastor wat alreeds help.   Die vliesie wat ek uit gooi is - indien ons Vader binne 'n week R30, 000 - gemerk kerk bou fonds - voorsien, sal dit as 'n groen lig beskou word.

    BLESSINGS!!    

Dina    + 267 736 803 51                                                                            http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/ 
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of in RSA     0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert          of     Pay Pal xanagas@gmail.com
Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.

















Avast logo

This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com


No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.