Thursday, 2 October 2014

...........weet dat jy daar waar jy nou is ook Vrug dra.


     Terwyl ek die afgelope naweek op my knieĆ« in die Glory Lorry waar ek by die Herero konferensie geslaap het was - het ek die prentjie gesien van klomp verskillende bome rondom my wat heerlike ryp vrugte dra = mango's, piesangs, paw-paw ens.    Ek het my verlustig in die prentjie en weet toe dat dit nie bome was nie maar mense.     Mense wat die Vrug van die Gees dra.  Vrugte van Liefde en Vrede en Help Mekaar en, en, en weet dat jy daar waar jy nou is ook Vrug dra.

    Baie dankie ek kon R5000 al oorbetaal vir die bakkie.

    Dina gaan saam wanneer ek die bakkie gaan haal.   Ons beplan 'n amptelike oorhandiging op Saterdag 18 Oktober by die Fonteine Dal in Pretoria.   Andre wil sommer kyk of die 4x4 werk, bring joune ook en stap skoene en 'n bring en braai en drinke.   Ons mik vir 11 uur die oggend tot wanneer klaar.   Welkom om net te kom kuier en groet as jy haastig is.   Laat weet asb as jy kan kom dat ons net weet.  Onthou - bring en braai of eet wat jy wil.

    Ek verjaar mos die 20 ste - 49 gebore en bly 49.    Dit gaan die grootste geskenk wees wat ek nog ontvang het.

    Ek gaan die week van 13 - 18 elke aand op 'n ander plek slaap, daar is regtig nie parkeer plek by Henda hulle nie en ek moet op ander plekke ook wees, by jou? laat weet.

    Dankie Vader.   Hy Bless jou met Sy Vrugte !!   


Dina + 267 736 803 51                                                                             http://www.xanagasbotswana.blogspot.com/
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587 

FNB Lynnwood 252045 rek nr: 620 318 253 86  GS Joubert   

Standard Bank. Gobabis Branch 082072 Rek nr 143 356 488  GS Joubert.







This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.


No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.